R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Twee arrogante inbrekers het ‘n huis in Fouriestraat in Franskraal se veiligheidsdeur en voordeur Saterdagoggend om 7vm oopgebreek en ‘n vrou binne oorval.
Die vrou, wat anoniem wil bly, se man het vroeër die oggend gaan hengel en sy was nog in die slaapkamer toe sy ‘n geraas hoor. “ Ek het gedog dat my man iets vergeet het en teruggekom het, maar toe ek in my kamerdeur kom , het 2 mans uit die ander slaapkamer gekom. Hulle het my by my kamer ingedwing en toe ek vra wat hulle wil hê, het die een iets gesê wat geklink het soos mali of money. Hulle wou ook weet waar my selfoon was,” het die slagoffer Maandag vertel. Dit wil voorkom asof hul goed afrikaans verstaan het, want toe sy sê dat die selfoon in die badkamer was, het hulle dit daar gaan haal. Hulle het daarna haar ringe van haar vingers afgehaal en haar handsak geneem. Hulle het haar toe in die kamer gelos en gevlug.
Sy het na die bure gehardloop en die polisie is ontbied. ‘n Motoris het die 2 mans, wat verdag voorgekom het, oor die R43 by “Pondjie Botter” sien hardloop en die polisie geskakel. Die mans is ook later deur die polisie gejaag, maar het in die bosse ontvlug.
Die egpaar, wat tydens die roof met vakansie in hul strandhuis was, is geskok en getraumatiseer deur die gebeure.” Ons het altyd geglo dat ons hier baie veiliger is as op Stellenbosch, maar weet nou van beter,” het die vrou se eggenoot gesê. Hy het ook die polisie geloof vir hul vinnige optrede, werkswyse en die besondere deernis wat hul teenoor sy vrou aan die dag gelê het.”
’n Huisroof is ‘n gevaarlike situasie en baie ernstiger as gewone inbraak. Dit kan maklik lelik raak en die vrou is baie gelukkig dat sy nie ernstig beseer is nie,” het speurkaptein Danie Rautenbach gesê. Enige persoon met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, word versoek om die ondersoekbeampte vroue Spr Konst Ronelle Pieterse by 028 3843091 te skakel.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.