R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Mike Rutzen van Shark Diving Unlimited (links) saam met Craig O’Connell, hoofwetenskaplike vir die "Shark-save" haaihindernis-projek waarby altwee van hulle ΄n groot rol speel. Regs: Die nuwe "Shark-save" haaihindernis in proses waarvan Mike Rutzen van Shark Diving Unlimited een van die hoofrolspelers is. (Foto: Jean Pierre Botha)
Die resultate van suksesvolle navorsing om die gevaar wat gewone haainette vir die krimpende haaibevolking inhou, blyk belowend te wees…en die inisiatief daarvan is dié van Mike Rutzen van Shark Diving Unlimited in Kleinbaai en hooffinansier van die projek, in samewerking met Graig O'Connell, ΄n PhD student aan die Universiteit van Massachusetts Dartmouth in die Verenigde State van Amerika. Die unieke haai-hindernis, bekend as die "Sharksafe Barrier System", bestaan uit plastiekpype wat soos bamboes lyk. Dit word met kettings aan betonblokke aan die seebodem geanker. ΄n Magnetiese veld is in die struktuur ingebou, met die boonste deel van die pype wat bo die water uitsteek.
"Ons is bewus daarvan dat sekere haaispesies, veral die grootwithaai, sensitief is vir visuele hindernisse soos bamboes, terwyl haaispesies oor die algemeen ook vir magnetiese velde sensitief is," sê Mike, wat ook as Mike "Sharkman" Rutzen bekendstaan as gevolg van sy vryswem saam met grootwithaaie. Hierdie patent word tans in Gansbaai getoets, met ΄n waterdiepte van 10m tot 12m. Mike sê die hindernis het golwe van tot 7m hoog gedurende die eerste toetsfase weerstaan en word tans vir ΄n tweede keer hier getoets. Die oorspronklike inisiatief het reeds sowat 2 jaar gelede van die grond af gekom. Die span bestaan uit prof Conrad Matthee, voorsitter van die Departement Plant- en Dierkunde van die Universiteit Stellenbosch, Sara Andreotti (΄n PhD-student aan die Universiteit van Stellenbosch), Mike Rutzen en Craig O’Connell, elk as ΄n kundige op sy eie gebied. Prof Matthee het verduidelik dat die nuwe konsep nie net ekovriendelik is nie, maar ook die Suid-Afrikaanse waters vir mens en seedier kan beveilig. Haainette is oorspronklik ontwerp om haaie dood te maak, terwyl ander seediere ook daaronder gely het. Dit is ook nie 100% veilig vir mense nie, aangesien dit nie tot op die bodem hang nie en daar ook gapings in die nette is. “Ons hoop om die nuwe struktuur binne die volgende vier maande volledig te installeer sodat ons die konsep kan bewys, maar ons het geld en toestemming van die Kaapse Stadsraad nodig. Om dit byvoorbeeld te Muizenberg-strand op te rig, sal sowat R10 miljoen kos. Ons hoop egter dat ons groen alternatief byval by die stadsraad sal vind, aangesien dit omgewingsvriendelik is. By ons gaan dit oor haainavorsing en die feit dat ons haaie wil beskerm," sê Mike. "Hierdie is net een van 5 groot projekte waarby Shark Diving Unlimited tans betrokke is."
Hulle webtuiste is www.sharkdivingunlimited.com waar volledige inligting rakende die "Sharksafe Barrier System" onder die opskrif "News" bekom kan word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.