Hospitaal beindruk minister

Hospitaal beindruk minister

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News


΄n Deel van die besoekers aan Hermanus Provinsiale Hospitaal, met vlnr prof Craig Househam (Hoof: Wes-Kaapse Dept van Gesondheid), dr Erma Mostert (Mediese Bestuurdeer: Hermanus Hospitaal), Minister Theuns Botha (Wes-Kaapse Dept van Gesonheid), dr Renette Crouse (Hoofdirekteur: Plattelandse Gesondheid) en die Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, rdl Nicolette Botha-Guthrie.

“Indien Hermanus Provinsiale Hospitaal nou vir ΄n ‘Wêreld-klas Distrikshospitaal’ kompetisie sou inskryf, is ek daarvan oortuig dat dit sou wen!”, het die Wes-Kaapse Minister van Gesondheid, mnr Theuns Botha, na afloop van sy besoek aan die nuut-gerestoureerde en opgegradeerde hospitaal gesê.

Mnr Botha en die Hoof van die Departement, prof Craig Househam, lede van die Departement se Uitvoerende Bestuur en Hospitaalbestuur, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, rdl Nicolette Botha-Guthrie en die media het die fasiliteit besoek om die personeel en pasiënte uit te vra na hul ervaring van die hospitaal se standaarde. Die besoekers het veral op aspekte soos infrastruktuur, dienslewering en organisatoriese ontwikkeling gefokus, nadat verskeie klagtes in die media gepubliseer is. Mnr Botha, asook rdl Botha-Guthrie het ΄n punt daarvan gemaak om positiewe geprekke met personeellede en pasiënte aan te knoop. Tydens hierdie gesprekke het mnr Botha onder andere gesê: “Western Cape Government Health is making a confirmed commitment to the community of Hermanus and the towns that surround it. We are fulfilling our responsibility of providing the necessary services and staff to manage them. However, it is unfortunate that sometimes unjust criticism from the community breaks the morale of our staff.”

Die amptelike opening van die opgradering sal op 9 September 2013 plaasvind. Die volgende statistieke is deur Jo-Anne Otto, Hoof Kommunikasie Beampte: Kaap Wynlandse Gesondheidsdistrik, verskaf. “The facility which had 47 beds and a staff compliment of 86 staff members now boasts 71 beds and 126 staff members. The upgrade which cost over R60 million rand was facilitated in answer to the growing number of patients in the Overstrand area. The project has included the following new areas and upgrades: A state of-the-art emergency unit; Maternity and kangaroo mother care ward; Male and paediatric wards; Theatres; Out-patients facilities; Laboratory; Pharmacy; Improved patient waiting areas.” Die besoekers aan die hospitaal was hoogs beïndruk met die netheid, professionaliteit en algemene toestand wat waargeneem is, veral ook met verwysing na die moderne en verbeterde tegnologië wat beskikbaar is. Na afloop van die besoek is die besoekers met tee en verversings onthaal, waartydens vrae deur die media gestel kon word. Prof Househam het na afkrakende kritiek verwys en gemeld dat kritiek te alle tye verwelkom sal word, maar dat dit geregverdigde en opbouende kritiek moet wees waaraan gewerk kan word ter verbetering. “Foute kan gemaak word, maar sien ook die goeie en positiewe resultate wat behaal word raak,” het hy gesê. Rdl Botha-Guthrie het op haar beurt na haar jaarlikse persoonlike besoeke op Internasionale Verpleegstersdag aan hospitale en klinieke verwys. Sy het haar diepste respek en waardering teenoor personeellede se enorme taak uitgespreek. Met dít wat tydens die besoek gesien, gehoor en ervaar is, kan daar positief na professionele dienslewering by Hermanus Provinsiale Hospitaal uitgesien word.               
Hardus Botha


Minister Theuns Botha en rdl Nicolette Botha-Guthrie in gesprek met ΄n pasiënt in die ontvangslokaal

Hospitaal beindruk minister

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.