R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Vlnr is Stella Swart en Margi Muller in aksie tydens die Lyndanskonsert wat deur Margi gereël is
‘n Gesellige Lyndanskonsert ter stywing van die Birkenhead Boothengelklub se fondse is verlede Saterdag deur Margi Muller van die klub gereël.
Die oggend het baie gesellig verloop en die groot groep rose (en doring!) het die byeenkoms terdeë geniet. Margi, Stella Swart en Petro Scholtz is die drie dames wat vir etlike lewendige lyndansvertonings gesorg het…gepaardgaande met goeie applous. Margi het egter gesorg dat dit nie ‘n “besigtigingskonsert” is nie en direk ná hulle vertonings is almal teenwoordig by die lyndanse betrek, wat sommer vir groot pret en lag gesorg het.
Daar is behoorlik ge-lyndans, ge-“can-can”, ge-rieldans en selfs ge-paaldans, tot groot vermaaak vir almal.
Van die bekende liedjies wat as begeleiding van hierdie gesellige dansery gedien het, is onder andere Loslappie, Hello Dolly, Achy Breaky Heart, Tennessee Waltz en die Macarena can-can. Margi het ook gesorg vir geskenkpakkies vir verjaarsdae, kaartjie-nommers, beste paal-dansers en al haar gewillige helpers om ‘n sukses van die dag te kon maak. By die netjiese versierde tafels is niemand afgeskeep nie en daar was meer as genoeg te drinke en te ete.
“Ek bedank graag almal vir hulle teenwoordigheid en deelname, asook die dames wat eetbordjies saamgebring het, maar ‘n spesiale dankie aan Petro Scholtz, Stella Swart, Maureen Taljaard en Tollie Thompson vir hulle hulp en ondersteuning,” het Margi gesê.
“Vir die wat belangstel in soortgelyke fondsinsamelings-lyndanskonserte, kontak my gerus!” Margi Muller kan by 082-921-3129 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by accsol4u@telkomsa.net.
Hardus Botha

Deelnemers in aksie tydens ‘n gesellige Lyndanskonsert in die Birkenhead Boothengelklub se saal
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.