R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
De Bos dam is tans oor die 80 persent vol en verlede jaar se stand van onder 20 persent op die ooreenstemmende tyd is ‘n vae herinnering.
Of dalk nie? Hoewel waterverkope in Hermanus vanjaar sowat 10.5% hoër is as verlede jaar, is dit nog steeds 1.6% laer as in 2010/11 en 15,7% laer as in 2009/10. Besparing word dus nog steeds deur inwoners volgehou. Dit geld egter net vir Hermanus aangesien Gansbaai se watervoorsiening genoegsaam is en geen beperkings geld nie.
Op ‘n onlangse vergadering van die Waterbesparings-werkgroep van die Munisipaliteit Overstrand is daar onder meer verslag gedoen oor die vordering met die inbedryfstelling van die boorgatvelde wat in die afgelope tyd ontwikkel is. Die drie boorgate van die Gateway-veld is tans vol in bedryf en lewer sodat 46 ℓ/s.
Die vier boorgate by Camphill en die drie by Volmoed is ook reeds in werking gestel, maar word nog aan toetse onderwerp terwyl daar gewag word vir die uitreiking van die water-lisensies deur die Departement van Waterwese en Bosbou.
Die nuwe biologiese watersuiweringswerke by Preekstoel is einde Mei deur die kontrakteur op ‘n proefgrondslag in bedryf gestel sodat die nodige toetse gedoen kan word voor dit einde Julie amptelik aan die Munisipaliteit oorhandig word.
Indien daar geen verdere droogtes voorkom nie, sal die huidige waterbronne en infrastruktuur volgens die munisipale scenariobeplannings voldoende wees om in Groter Hermanus se waterbehoeftes tot in 2019 te voldoen. Uitbreiding-opsies word reeds beplan en sluit in die ontwikkeling van verdere boorgate, hergebruik van rioolwater en seewater-ontsouting.
Inwoners moet in gedagte hou dat die natlei van tuine met munisipale water ingevolge die Munisipaliteit se Waterdienste-verordening nie tussen 09:00 en 17:00 toelaatbaar is nie. Wetstoepassing word gedoen.
Intussen gaan die projek om waterverliese te beperk voort en behoort ‘n verdere kontrak van drie jaar vir die vervanging van watermeters en die installering van vloeibeperkermeters teen die einde van Julie afgehandel te wees. Sowat R8 miljoen is ook in die nuwe finansiële jaar vir die vervanging van lekkende waterpypstelsels oor die hele Overstrand voorsien.
‘n Bewusmakingsveldtog vir die bevordering van waterbesparing in voorheen benadeelde gebiede is by wykskomitees en skole geloods en baie positief ontvang.
Die werkgroep gaan steeds aan met sy werksaamhede en sal weer op 26 Augustus 2013 vergader.
Fanie Krige
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.