R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Frank Barends (regs), wat tans in aanhouding is vir beweerde perlemoensindikaatbedrywighede, wat geldwassery insluit, se borgaansoek is verlede Donderdag in die Kaapse Hooggeregshof afgekeur.
Barends is 2 jaar gelede gearresteer nadat hy sy borgtogvoorwaardes verbreek het. ‘n Perlemoenbesending van sy groepering is in die Vrystaat onderskep en Barends is deur getuies direk daarmee verbind en was self na bewering deel van die konfooi. Hy word tans in Goodwood Gevangenis aangehou. Hy staan saam met sy gewese prokureur, Anthony Broadway, wat verlede maand ook vir sy beweerde betrokkenheid by die sindikaat se geldwassery gearresteer is, en nog 28 sindikaatlede tereg. ‘n Verhoordatum is vir 26 Julie in die Kaapse Hooggeregs-hof vasgestel. Barends se verdediging het Donderdag tydens sy borgtog-aansoek aangevoer dat die mense in Blompark finansieel swaarkry en dat die staat se weiering om perlemoen- en viskwotas aan hul toe te staan hul geforseer het om perlemoen te stroop. Die ondersoekbeampte van die SAPD se Bate en Beslagleggings Eenheid, kapt Deon de Jager, het namens die staat borg teengestaan en onder andere aangevoer dat perlemoenstropery vanuit Blompark skerp afgeneem het sedert daar op die sindikaat toegeslaan en Barends in aanhouding is. Daar is ook in die hof getuig dat van Barends se mede-beskuldigdes in opdrag van hom by omkopery van getuies betrokke was terwyl hy in die gevangenis was. Barends het in sy borgtogaansoek ‘n adres in Bellville verskaf waar hy saam met Simone Lamond, met wie hy na bewering ‘n verhouding het, sou bly. Simone se pa, Willem Lamond, aan wie die huis behoort en self daar bly, is egter ‘n staatsgetuie in die saak teen Barends en die sindikaat en mag geen kontak met Barends hê nie. Hy was self betrokke by die aktiwiteite van die sindikaat en kan as staatsgetuie vrywaring by die regter kry indien hy na bevrediging vir die staat getuig.
‘n Petisie deur inwoners van Blompark wat vir sy borgvrylating vra is ook in die hof voorgelê. Die landdros het egter gesê dat dit lyk asof ‘n derde party betrokke is wat hulle voorgesê het want almal se trant is dieselfde. Dit klink ook soos ‘n regsgeleerde se taal. Regter Vincent Saldanha het in sy uitspraak gesê dat Barends se optrede tot dusver sy minagting vir die gereg en stelsel bewys en ‘n aanduiding is dat hy nie borgvoorwaardes sal nakom nie. Dit is die tweede onsuksesvolle borgtogaansoek deur Barends en hy bly in aanhouding.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.