Vanuit die Gansbaai Sakekamer

 Vanuit die Gansbaai Sakekamer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Sakekamer President, Fanie Bothma saam met Wes-Kaap Premier, Helen Zille en Hermanus Sakekamer President, Mervyn Milner.


Die Wes-Kaapse Premier,  Mev. Helen Zille, het sakelui op die 11de Junie 2013 op uitnodiging van die Sakekamer van Hermanus toegespreek. Afgesien van ander afgevaardigdes soos Raadslid Pieter Scholtz en ander inwoners van Gansbaai, was Gansbaai Sakekamer ook goed verteenwoordig deur die voorsitter, Fanie Bothma sowel as sakekamerlede, Glenda Kitley en Kobie van Wyk.

Premier Zille het dit aan haar gehoor gestel dat die Wes-Kaapse regering dit ten doel stel om  ‘n  omgewing daar te stel wat bevorderlik is vir besighede om in te floreer en om nog meer besighede te lok. Sy het onder andere die volgende genoem:

• Ten einde sakelui en werkgewers te help om frustrasies met omslagtige prosedures en bottelnekke die hoof te bied, kan daar klagtes in die verband na die e-posadres redtape@westerncape.gov.za gestuur word om prosesse meer vaartbelyn te maak.
• Besighede moet ondersteun word om te floreer en sodoende werkloosheid en armoede te beveg met die skepping van werksgeleenthede in  ‘n  ekonomiese omgewing wat aantreklik is vir beleggers en entrepreneurs.
• Openbare vervoer moet verbeter word deur doeltreffender aanwending van belasting en heffings . Tolpaaie word nie gesien as die oplossing vir die probleem nie.
• Voorkeur word verleen aan “groen energie”-projekte soos sonkrag, wind en waterbewegings vir die opwekking van elektriese krag

Gansbaai Sakekamer het op sy bestuursvergadering van 12 Junie 2013 verdere beplanning gedoen rondom verdere aktiwiteite binne die Gansbaai sakegemeenskap vir die res van die jaar. In noue samewerking met die AHI word  ‘n  reuse entrepreneursopleidingsprojek reeds in Augustus van stapel gestuur waarby alle werkgewers en senior skoliere in Gansbaai en omgewing kan baat.
Die bekende sakepionier en nie-uitvoerende Voorsitter van die PSG Groep, Jannie Mouton, het reeds ingestem om die Gansbaai Sakekamer toe te spreek later vanjaar .  ‘n  Opwindende Gholfdag word in die vooruitsig gestel teen die einde van die jaar. Hou hierdie spasie dop vir meer besonderhede later.

Bestaande lede van die Sakekamer word aangemoedig om aktief deel te neem aan al die bedrywighede en  ‘n  ope uitnodiging word gerig aan alle sakemanne van die omgewing om by die Gansbaai Sakekamer aan te sluit en te deel in die blootstelling en onderlinge ondersteuning wat die Sakekamer bied . Kontak die Voorsitter, Fanie Bothma by 083 296 2676 of die Sekretaresse, Glenda Kitley by 072 291 5564.
Harry de Jager, Korrespondent: Gansbaai Sakekamer

Helen Zille saam met Gansbaai Academia Hoofseun, Siviwe YuYu en Hoofmeisie, Bianca de Koning wat ook die geleentheid bygewoon het.

 Vanuit die Gansbaai Sakekamer

Harry de Jager

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.