Min tyd vir Kombersprojek

Min tyd vir Kombersprojek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Melodrama Kindertrust was die eerstes met die skenking van komberse, met vlnr JP Coetzer, Schani Visser, Heidie Visser en Linda en Deon Kloppers van OMGEE Bedieninge

“Elke nag as ons so lekker warm en snoesig onder ons komberse en donsduvets lê, gaan ons harte uit na al die kindertjies wat koud kry omdat hulle nie genoeg komberse het nie,” vertel Linda Kloppers van OMGEE Bedieninge. “Kom ons gee vir  ‘n  slag uit ons oorvloed. Gaan kyk in jou linnekas of daar nie  ‘n  kombers, duvet of winterslakens is wat jy nie meer gebruik nie, en bring dit asseblief na OMGEE Bediening in Kerkstraat voor Sondag 30 Junie, of kontak ons sodat ons dit kan kom afhaal.” Linda sê die komberse sal gedurende die eerste week van Julie, met die hulp van die maatskaplike werkster en ander instansies wat weet waar die nood die grootste is, versprei word. JP Coetzer van Gansbaai Melodrama Kindertrust het van hierdie daadwerklike poging te hore gekom en hulle was die eerstes wat op die versoek gereageer het. Hulle het 34 enkelbedkomberse en 11 ligte komberse (“Fleecies”) vir die projek aangekoop en oorhandig. Gansbaai Melodrama Kindertrust is lankal reeds bekend vir hul mildelike liefdadigheidsoptredes. Linda sê hulle is nie opsoek na kontantdonasies vir die projek nie…net komberse en donsduvets, oud of nuut, wat die koue kan verdryf. Barmhartige Samaritane kan vir Deon by 083-234-2199 skakel, of vir Linda by 082-550-7313, maar dit moet voor of op Sondag, 30 Junie gebeur om betyds vir die uitdeel van die komberse te wees.         
Hardus Botha

 

Min tyd vir Kombersprojek

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.