R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Voor in die middel sit Duifie Lourens wat haar 70ste verjaardag onlangs saam met haar volledige gesin gevier het
Op 15 Junie vanjaar het Duifie Lourens die 70-kerf verbygesteek, terwyl sy nog “lyk soos en bedrywig is” asof sy nog nie by die 60-kerf verby is nie. “As jy praat van ‘Hester’, sal niemand weet wie jy van praat nie,” sê Duifie. Haar gebak in De Kelders Bakkery oor etlike jare heen sal ook nog lank onthou word. Sy is op 15 Junie 1943 in Gobabis, Namibië gebore waar sy ook grootgeword het. Sy vertel dat sy as pasgebore baba in ‘n skoendoos gepas het en toe haar ouma so na haar kyk, het sy gesê sy lê soos ‘n duifie in die skoendoos en dié naam dra sy tot vandag toe.
In 1970 verhuis sy na die destydse Transvaal en in 1987 na Gansbaai, waar hulle De Kelders Bakkery in 1989 begin het. Duifie se “skoensole” het soveel bekendheid verwerf dat dit al op aanvraag oral-heen gevlieg is. “Dit is eintlik ‘n Duitse gebak wat in Namibië algemeen bekend was,” sê sy. In 1995 verkoop hulle die bedryf van die bakkery, maar behou die gebou. Daarna bevind sy haarself vir 5 jaar in Hentiesbaai, waarna sy na Gansbaai terugkeer en die bedryf van die bakkery weer terugkoop. In 2006 het sy die bakkery-tuig finaal neergelê, dit vir ‘n tyd lank verhuur en later besluit om dit te verkoop. “Maar die gebak-en-brou vir die Kerk en Kerkbasaars het ek in my huis voortgesit.”
Duifie het ook vir etlike jare as Kerkraadslid in die NG-gemeente gedien en is ook alombekend vir haar liefdadigheidswerk in die gemeente, Diens van Barmhartigheid, Vrydae se Woekermark en die oudhede-stalletjie by elke Wit Olifanttafel. Duifie het 5 kinders (wederhelftes in hakkies), Pieter (Annamarie), Koos (Rika), Johan (Jenny), Gerhard (Erika) en Johanna (Chris). Dan is daar 9 kleinkinders en 1 agterkleinkind. Die naweek se groot verjaardagviering is in Pieter en Annamarie se huis te Kusweg aangebied. “Dit was ‘n voorreg dat bykans my volledige gesin my verjaardagvieringe hier kon bywoon, met net Johan wat weens ‘n skoueroperasie nie teenwoordig kon wees nie,” sê Duifie.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.