R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Vlnr agter: Laetitia de Klerk, Susan Davis, Suanne Hugo, Melanie Smit, Jackie Burger, Andrea Havenga en Sharon van Minnen.
Vlnr voor: Fernando (ref), Adele Venter (kaptein), Morne van den Berg (bestuurder) Tanya Smit, Suzette Brandt en Juan Havenga (ref)
Gedurende die pas afgelope SA Ope Dames Potspel Kampioenskappe het die Overberg sone vir die eerste keer sedert die toernooi 23 jaar gelede ‘n aanvang geneem het , hul eie damesspan ingeskryf. Wat merkwaardig was, is dat al die dames wat onder die vandel van Western Province Country Region speel , van Gansbaai afkomstig is. Dit is ‘n groot prestasie. Die span het 13de geëindig maar daar moet in ag geneem word dat daar teen al die provinsies deelgeneem was, asook dat dit die span se eerste SA Ope Kompetisie was. Spesiale melding moet gemaak word van Susan Davis wat uit 264 spelers in die halfeindstryd in die enkelspel afdeling uitgeval het. Dit maak haar tans die nommer 4 gekeurde damesspeler in die land. Baie geluk ook aan Sharon van Minnen wat 15de in die spankompetisie uit 158 dames geëindig het.
Baie dankie aan al die borge naamlik Steven Chambers, Gansbaai Superspar , Liquor Land (Johan Bester), Distell en alle bydraes van kliënte en vriende. Daar word beoog om volgende jaar weer ‘n damesspan te stuur en alle belangstelledes kan Adele by 072 101 3877 kontak.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.