R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Voor sit Elsie Taljaard (90), met agter vlnr haar oorblywende seuns en dogter, Herman Taljaard, Lilly Otto en George Taljaard tydens Elsie se 90ste verjaardag
Twee vriendinne het onlangs die besonderse mylpaal van 90 jaar bereik. Hulle is Elsie Taljaard en Sylva van Zyl. Gansbaai Seniorklub het, onder leiding van Angela Caie, ‘n geselligheid vir hulle in Gansbaai Lionsklub se saal gereël en daar is sommer heerlik saamgekuier. Dié twee is op hul onderskeie verjaardae ook deur familie onthaal. Elsie is op 18 Junie 1923 in Paardeberg (Stanford-omgewing) gebore. Tot op 16-jarige ouderdom het sy op Diepgat naby Caledon grootgeword en daarna op die plaas Karwyderskraal tussen Hawston en Botrivier. Elsie is vir die afgelope 50 jaar ‘n Gansbaaier en het 6 kinders, waarvan 3 oorlede is en 15 kleinkinders. Sy woon vir die afgelope ±28 jaar by haar dogter, Lilly Otto in De Kelders. Haar twee seuns, Herman Taljaard van Gansbaai en George Taljaard van die Kaap en ander familie het haar verjaardagvieringe op 18 Junie aan huis van Lilly bygewoon.
Lily is ‘n voormalige werknemer van Francois en Deonora de Jongh van Gansbaai Courant toe hulle vroeër jare die eienaars van Gansbaai se Skulpieswinkel was. Intussen het Lilly se dogter, Samantha Otto, sowat 3 jaar gelede ook vir Francois en Deonora begin werk, maar vir Gansbaai Courant.

Vlnr is Jeanette Steyn, Jacobus Steyn (broer), Sylva van Zyl (90), Rina Maree (dogter) en Jeanne Maree (kleindogter) tydens Sylva se 90ste verjaardag
Die tweede 90-jarige vriendin, Sylva, is op 17 Junie 1923 in Swellendam gebore en sy het in Worcester grootgeword. Vir 20 jaar, 1950 tot 1970, was Sylva ‘n Gansbaaier, waarna sy na Riviersonderend verhuis het. In 1985 het sy na Gansbaai teruggekeer, waar sy vir die afgelope 28 jaar steeds woon. Sy het net een dogter, Rina Maree en 2 kleinkinders. Tot op ouderdom 87 het Sylva steeds haar eie huis en tuin in De Kelders onderhou, alleen daar gewoon en nog self haar motor bestuur. Sedert 1 Augustus 2010 is sy na Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes. ‘n Verrassingsgeselligheid is deur haar dogter, Rina Maree, vir haar in die NGK se Kleinsaaltjie gereël. Gansbaai Courant dra graag opregte gelukwense aan hierdie twee inwoners oor.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.