R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Maritha Kriel van Gansbaai se dogter, Annemie Bruce, saam met Johan Stemmet van TV2 se Noot-vir-Noot, tydens die opname van die program
Maritha Kriel, Kassier van die NG-gemeente, se dogter, Annemie Bruce, is môre-aand (Vrydag, 28 Junie 2013) een van Noot-vir-Noot van Johan Stemmet se deelnemers. Tydens die opname van die program etlike maande gelede, het Annemie laat weet dat daar sowat 5,000 persone was wat vir oudisies opgedaag het - net vanuit die Kaap. Sy het die uitslag van die program vroeër vanjaar, na afloop van die opname daarvan, bekendgemaak, maar oor daardie inligting word daar in hierdie berig geswyg. Kyk gerus self môre-aand op TV2 om te sien hoe Annemie gevaar het. Sy is op 19 Mei 1979 in Worcester gebore en het in Caledon grootgeword.
Na matriek het sy Bemarking aan die Stellenbosch Kollege studeer en werk tans as Bemarker vir die Paarl Post. Annemie is met Charl Bruce getroud en Maritha sê: "Daar is nog nie kleinkinders nie - ek wag nog in spanning!" Maritha, wat ook ‘n koorlid van die NG-gemeente se bekende koor is, sê Annemie was nog altyd gaande oor musiek, maar veral om te sing.
Hardus Botha
Maritha Kriel (regs) saam met haar dogter, Annemie Bruce
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.