R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die skrywer van “Spoor van die Perlemoenstropers”, Johan Fourie saam met sy twee kleinseuns, Ruben (links) en Wynand Malherbe tydens die bekendstelling van sy boek in die Great White House
Perlemoenstropery is in Johan Fourie se nuutste omgewingsmisdaadroman, Spoor van die Perlemoenstropers, verewig. Dié eko-spanningsverhaal, geïnspireer deur feite, gee die leser ‘n binnekykie na die onderduimshede wat Suid-Afrika se mariene-hulpbronne die afgelope jare “in ‘n krisis gedompel het”. Die intriges wat met perlemoenstropery gepaardgaan, word in diepte ondersoek. Van meet af aan is dit naelbytaksies wat die leser vanaf wetstoepassers tot by stropers, vanaf vissersgemeenskappe tot by bendes en vanaf Chinese Triades tot by korrupte amptenare voer. Johan se boek is op 20 Junie 2013 in die Great White House bekendgestel en ‘n groot hoeveelheid belangstellendes het die geleentheid bygewoon. Die Uitgewer is Naledi (Kaapstad), die Redaksiehoof is Melt Myburgh, met Johan Coetzee van De Kelders as Direkteur.
Direk ná die Inleidende hoofstuk (proloog), word Eddie Barnard van Franskraal se liedjie “Perlemoen” aangehaal. Die grootste deel van die verhaal speel in Gansbaai af en hy verwys ook na die sakeryk van die “aanvallige Madelyn Krause”, Gansbaai se eie “Perlemoen Queen”. Johan Fourie is ‘n natuurbewaarder en tans Besturende Direkteur van The Nature College Wild Life Training. Hy het as helikoptervlieënier in die SA Lugmag gewerk, maar mettertyd het die roepstem van die bos te sterk geword. In 1982 is hy as veldgids na die Krugerwildtuin. Vir vyf jaar het hy die Lebomboberge in die ooste van die wildtuin te voet met sy gaste verken. Na sy dienstermyn op staptoere, is hy oorgeplaas na natuurbestuur. Tien jaar later besluit hy om ‘n onderneming te stig wat as eksterne deskundiges deur Sanparke gebruik kon word om spesialisfunksies soos natuuropleiding te vervul.
Spoor van die Perlemoenstropers is Johan se derde Omgewingsmisdaadroman en die ander twee boeke uit sy pen is Stryd in die Bos / Cry of the Rhino en Kodenaam Tau. In Gansbaai is Spoor van die Perlemoenstropers teen R149.00 by Gansbaai Book Exchange beskikbaar.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.