R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Man het Dinsdagaand om 23:00 toegang tot ‘n huis in Rietgansstraat, Perlemoenbaai se eerste verdieping gekry en ‘n vrou met ‘n mes verskrik. Die vrou was saam met 'n jong seuntjie wat tans daar kuier besig om in die sitkamer televisie te kyk en het ingesluimer. Die seuntjie het haar egter wakker gemaak en gesê daar is 'n gesig en 'n hand by die venster. Sy het na buite gekyk en 'n man op die balkon sien staan. Sy het die kind gegryp en na haar hoofslaapkamer gevlug waar haar man reeds geslaap het. Sy het weer gaan kyk wat aangaan maar die man het reeds daarin geslaag om die skuifdeur oop te maak en was klaar binne. Hy het 'n mes in sy hand gehad en goed in die kamer gegryp. Die vrou het haar toe by haar man en die kind in die slaapkamer toegesluit en die polisie ontbied. Die inbreker het met sy buit van twee skootrekenaars en 'n selfoon ontvlug. Drie Blompark mans is om 03:50 in Kerkstraat gearresteer en gereedskap is by hulle gekry. Een is positief uitgeken en al drie sal Vrydag in Hermanus Landdroshof verskyn.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.