R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Vreugdevolle ontvangertjies van kombers saam met agter vlnr Steve Serbon, Marlene Uys, Elmarè Rankin, Maria Claassen, Jan le Roux en past Frikkie Zeelie. Voor links sit Chanelle Bezuidenhout en regs van haar staan Claudine Dyck
Loutere vreugde het onlangs hoogty gevier met die oorhandiging van 35 komberse aan die kinders van Beverley Hills se Huis van Hoop, asook enkele gemeenskapslede vanuit Beverley Hills. Die Oordragprokureurs firma, Dykes van Heerden, Slabbert en Hopkins het besluit om iets daadwerkliks vir die gemeenskap gedurende die koue wintermaande te doen. “Die besluit was om komberse aan minderbevoorregte instansies soos kinderhuise, sopkombuise en/of haweloses te skenk,” vertel Chanelle Bezuidenhout, Skakelbeampte. Sy sê mnr Slabbert het, in samewerking met die firma se "Power Partners", besluit om eiendomsagente en agentskappe te betrek deur 6 komberse per transaksie aan hawelose instansies van hul keuse te skenk.
In Gansbaai is hierdie agentskappe deur die volgende persone (alfabeties) verteenwoordig: Elmarè Rankin (Fine & Country), Maria Claassen (Fine & Country), Marlene Uys (Seeff) en Steve Serbon (3%), asook Jan Le Roux van JLR & Associates Architects wat ‘n kontribusie uit sy firma gemaak het. Die oorhandiging van die komberse het by Beverley Hills se Huis van Hoop plaasgevind.
Past Frikkie Zeelie van S.H.A.R.E. en Beverley Hills se Gemeenskapswerker, Claudine Dyck was ook tydens die oorhandiging van die komberse teenwoordig. Projekte van “The Blanket Club” kan ook op Facebook besigtig word: “The Blanket Club is a DvHS Group & Power Partners charity initiative running from May - July 2013, to support the destitute in the Western Cape and the Garden Route. The charity chain ignites the moment DvHS receives an instruction. We will then donate a blanket to those in desperate need, while each of the Power Partners will also donate a blanket on behalf of the Estate Agent, the Seller and the Buyer. Become a proud member of the Blanket Club and let us ignite a charity chain of care.”
Chanelle Bezuidenhout kan vir verdere inligting by 082-091-2896 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by chanelleb@dvhpro.co.za.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.