Gesamentlike Erediens

Gesamentlike Erediens

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Afgevaardigdes aan die Nagmaaltafel tydens die gesamentlike Erediens in Blompark. Inlas: Ds Dennis Naidoo wat die gesamentlike Erediens gelei het

Die gesamentlike Erediens en bediening van die Heilige Nagmaal tussen die onderskeie NG- en VGK-gemeentes was goed verteenwoordigend. Ds Dennis Naidoo het die diens gelei en Luk 1:2-25 as Skrifgedeelte gebruik. Sy tema het op die emosionele skade wat mense berokken word, gefokus. Hy het na die bejaarde priester, Sagaria en sy eggenote, Elisabeth se moedeloosheid oor hulle kinderloosheid verwys. “Ondanks hierdie moedelose omstandighede wat hulle sonder ‘n nageslag gelaat het en Elisabeth se smart oor haar onvrugbaarheid, het hulle steeds ‘n toegewyde, gelowige en onberispelike bestaan voor God gevoer,” het ds Naidoo gesê. Met die aankondiging dat Elisabeth ‘n seun gaan baar, het twyfel by Sagaria ingetree en hy is met stomheid geslaan en het eers 8 dae ná die seuntjie se geboorte weer gepraat toe hy moes sê dat die seuntjie se naam “Johannes” sal wees. Daarteenoor was Elisabeth se onmiddelike reaksie: “Die Here het dit vir my gedoen!”

Ds Naidoo het voorts gesê dat die mensdom gereeld huiwerig is om te sê wat die Here wil hê, terwyl Sagaria God geprys het deur te sê: “Loofwaardig is die Here!” Die NGK-Kerkkoor onder leiding van Aletta Lochner het die bekende lied, “Battle Hymn”, gesing, met die VGK-Kerkkantoor onder leiding van Nita Faber wat “In the Garden” en “Belief for Africa” gesing het. “Die kerk was vol van verteenwoordigers van die gemeentes, met ‘n mooi gees van onderlinge samehorigheid en wat opvallend was, was die spontane samesang, sonder begeleiding, van die gemeente tydens die uitdeel van die Nagmaaltekens, asook tydens die kollekte-opname, sonder dat dit as enigsins steurend ervaar is,” vertel Annaleen Swart.

Hardus Botha



Die VGK-Kerkkoor tydens die gesamentlike Erediens in Blompark

Gesamentlike Erediens

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.