Gholfnuus

Gholfnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Persoonlik:  Marlene Davin moes ‘n belangrike mediese prosedure ondergaan en ons bid dat die uitslag positief sal wees.  Charlie Bent is geopereer en ons wens hom sterkte toe.

Verjaarsdae
:  Dirk Bester 6e en Sextus Neethling 7e – veels geluk, mag dit ‘n baie gelukkige jaar wees vir julle.

Woensdag
se Sloegterskompetisie is verskuif na Donderdag weens die weer, en is gewen deur Dawie Viljoen met 36 punte, gevolg deur Jakkie Beukes 34, Clive Bailey 34, George Hunt 31, Andre Roos 30, Solly Wessels 30, Walter Strydom 29, June Rahn 28, Bernard Olivier 27, Royce Woods 23.  Naaste aan penne was Dawie Viljoen op no 2&11, en Jakkie Beukes op no 8&17.  Clive Bailey teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 15.


George Hunt en Johan Coetzee

Vrydag
se kompetisie (borg: OK Foods) was gewen deur JP Bosman met 21 punte, gevolg deur Daan Victor 20, Daniel vd Merwe 18.  Die ledetrekking is gewen deur Niel de Kock – veels geluk Niel.  Volgende Vrydag is daar ‘n lekker sop en brood ete vir die lede.  Kom en verwarm die koue aand met lekker warm sop en vars brood, en geniet die lekker geselskap.

Saterdag
se kompetisie was ‘n Enkel Stableford en die wenner was George Hunt met 38 punte (borg:  Kleinbaai Motors), gevolg deur John Thompson 36, Daniel vd Merwe 35, Bernard Olivier 35, Rupert Roux 35, Keith Patterson 33,Daan Victor 32, Paul Dippenaar 32, June Rahn 32, Joe Cesare 32.  Naaste aan die penne was Daniel vd Merwe op no 2&11 en op no 15 (borg: SuperSpar/Tops) en Solly Wessels op no 8&17.  Daniel vd Merwe teken ‘n Arend aan op putjie no 16.

Uitklopkompetisies
:  George Hunt klop vir Paul Dippenaar in Enkels.  Veels geluk, George!

Volgende Saterdag se kompetisie is die Maandelikse Houespel en die eerste prys word geborg deur Kleinbaai Motors.

Klub/Club:  028 384 1441 – Leon Hattingh & Andre Roos
Enquiries/Navrae:  082 878 0534  Johan Coetzee

Gholfnuus

Johan Coetzee

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.