R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Academia se skoolhoof, Tommy Wilson en sy eggenote, Julia tydens ‘n vorige prysuitdeling
Tommy Wilson, Gansbaai Academia se skoolhoof, sterk tans goed aan in die Vergelegen MediClinic in Somerset-Wes, nadat hy sy personeel, leerders en die gemeenskap byna groot laat skrik het.
Tommy het aanvanklik moeg gevoel en gedink hy het griep onder lede. Sy verbasing was groot toe sy geneesheer vir hom sê dat hy inderwaarheid en onwetend ‘n ligte hartaanval gehad het. Die nodige reëlings is getref en op Woensdag, 3 Julie het hy ‘n drie-dubbele hartomleiding ondergaan. “Volgens die dokter was dit ‘n baie groot, ernstige en sensitiewe operasie,” vertel sy eggenote, Julia. “Tommy was vir 5 dae in die Intensiewe Sorg-eenheid en is verlede Sondag, 7 Julie na ‘n privaatsaal oorgeplaas. “Gelukkig was hy gees-telik goed voorbereid vir die operasie en ons glo dat almal se voort-durende gebede hom deurgehaal het.”
Tommy het reeds in die hospitaal met ligte fisio-oefeninge begin en is op Dinsdagaand, 9 Julie ontslaan. Hy sal nou tuis aansterk tot ongeveer die einde van Augustus. Intussen het Tommy op Saterdag, 6 Julie in sy hospitaalbed verjaar. “Ek wil net graag my opregte dank en waardering teenoor dr Frans Richards uitspreek wat ek glo my lewe gered het, asook teenoor my kantoorpersoneel, Elsa Breytenbach en Annamarie Buys wat my eintlik in ‘n doktersafspraak inforseer het,” het Tommy telefonies gesê.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.