R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die St Thomas “Klippieskerk” in Stanford vier die naweek van 19 Julie sy 150ste bestaansjaar, en is een van die oudste kerkies in die Overberg. Die Anglikaanse kerkie is kort na die totstandkoming van die dorp Stanford (1856) op die markplein opgerig. Ephraim Moore, wat aanvanklik deur Robert Stanford vanaf Engeland gebring is om die watermeul op sy plaas te vergroot en te bedryf, en sy familie was die grootdryfvere agter die bou van die kerk. Die kerkie is gebou van plaaslike sandsteen en dekriet en die kerkwerf bestaan uit die kerk self, en die ‘oulap’ skool wat tot in 1983 nog as klaskamers gebruik is.
Aangesien 99% van die kerk se huidige lidmate vanuit die voorheen benadeelde gemeenskap kom (meeste dienste word in Afrikaans gehou!), het Stanford Conservation se Erfeniskomitee in 2008 besluit om die kerk onder sy vlerk te neem en fondse te bekom om die verdere agteruitgang van die gebou te stuit. In 2009 is fondse vanaf die Roland & Leta Hill Trust bekom en is die kerk opgeknap en heelwat strukturele probleme uitgestryk.
Daar is egter nog heelwat meer wat gedoen moet word. Die toiletfasiliteite is opgeknap maar glad nie op standaard nie, en die “oulap” skooltjie se rietdak kort aandag. Om hierdie rede is daar weer besluit om ‘n fondsinsamelingskonsert op 20 Julie in die kerkie te hou. Die gewilde A Volonté-groep van Hermanus (Annemarie Joubert, Maike Skein en Hein Attwood) sal verskeie ligte klassieke werke speel, terwyl die plaaslike sopraan, Bea Whittaker, werke van Schubert sal sing – een ‘n werk met die klarinet as die hoofinstrument.
Kaartjies kos R175p/p en sluit ‘n vooraf glasie sjerrie en ligte versnaperinge en wyn na afloop van die konsert in. Verrigtinge begin om 18:00 (6 uur) en kaartjies is beskikbaar by Stanford se Toerismekantoor (028) 341-0340, of vanaf milkwood@maxitec.co.za vir elektroniese kaartjies en betalings.
Bea Whittaker
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.