Algemene Jaarvergadering

Algemene Jaarvergadering

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jaco Swart (links) Beste Vordering en Kim Breach Wenner 2013. Erelid Hettie Petersen, het die pryse oorhandig.

Die Franskraal Rolbalklub AJV is op 21 Junie 2013 gehou.  Dit is voorafgegaan deur die prysuitdeling aan die wenners van verskeie klubkampioenskappe, waaronder die volgende: Mans Enkel-spel: Bryan Chambers en Dames Enkelspel: Kim Breach.  Daar was ook ‘n  toekenning aan die spelers wat die beste vordering gedurende die voorafgaande jaar gemaak het.  Dit is toegeken aan Jaco Swart wat na slegs ‘n  paar maande ses deelname daarin geslaag het om die Boland Mans Enkelspel vir Beginners te wen.  Dit wil gedoen wees!

Die nuwe Bestuur sal vir 2013/14 bestaan uit: President, Ivan Giles; Visepresident, Mattie Neethling; Sekretaris, Marius de Wit; Tesourier, Fred Rossouw en Spysenierbestuurder, Marie Pretorius. ‘n  Paar vakante poste sal ook nog gevul moet word.

Die vergadering het baie goed afgeloop en ‘n  paar konstruktiewe voorstelle is gemaak wat verder deur die nuwe bestuur ondersoek sal word.

Franskraal Rolbalklub het gedurende die afgelope jaar op alle terreine voortuitgegaan en het nou reeds 75 lede, maar die mikpunt is 100 vir die komende seisoen.  Enigiemand wat belangstel om aan te sluit en hierdie wonderlike spel te ervaar, kan vir Marius de Wit (082-926 0892) of Mattie Neethling (083-774 9427) skakel vir meer besonderhede of kom loer in by die klub op Dinsdae, Woensdae en Saterdae vanaf 14:00.

Pieter Conradie

 

Algemene Jaarvergadering

Pieter Conradie, President

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.