R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Christa de Vries oorhandig Gansbaai Lionsklub se welkome tjek ten bedrae van R3,000 aan Kobus Koekemoer vir Gansbaai Academia se 2013 Matriekafskeid
“Gansbaai Lionsklub het die behoefte by Gansbaai Academia raakgesien met verwysing na fondse wat dringend vir die 2013 Matriekafskeid benodig word,” vertel Christa de Vries van Gansbaai Lionsklub. Sy sê die Lions het diep onder die indruk daarvan gekom en besluit om te help. “Matriekafskeidfunksies is jaarliks ‘n hoogtepunt vir elke matriekleerder, terwyl dit soms onbekostigbaar kan wees.” Die Gansbaai Lionsklub het besluit om R3,000 vir hierdie doel opsy te sit, wat op Woensdag, 17 Julie 2013 oorhandig is. Adjunkhoof Kobus Koekemoer het die tjek in die afwesigheid van die skoolhoof, Tommy Wilson in ontvangs geneem. Tommy sterk tuis aan nadat ‘n operasie vir ‘n drie-dubbele hartomleiding onlangs op hom uitgevoer is. Kennis kan geneem word dat dit sommer baie goed met Tommy gaan. Kobus het sy opregte dankbaarheid namens die skool teenoor die groot gebaar van Gansbaai Lions uitgespreek. Tydens die oorhandiging van die tjek is die interessante opmerking gemaak dat Kobus homself in die jare 1997/98 ‘n Lion President van Gansbaai Lionsklub was.
“Gansbaai Lionsklub nooi graag alle besighede en instansies, maar ook individue, uit om selfs net R50 per maand vir Gansbaai Academia se Matriekafskeid beskikbaar te stel,” sê Christa. Gansbaai Academia kan by 028-384-2370 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by admin@gbacademia. wcape.school.za.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.