R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

‘n Voorbeeld van Johan Dempers, wat ‘n lugfotografiekursus beplan, se professionele lugfoto - Hexrivier
“Met die tema ‘Wear & Tear’ is daar weer eens uitstaande foto’s deur klublede ingedien,” vertel Marc du Plessis, die klub se kompetisie-man. Klublid Hugh-Daniel Grobler het die gebruiklike kommentaar op die foto’s gelewer en sy samevatting was dat die foto’s konstruktief, oorspronklik en insiggewend was. Die klub se halfjaarlikse kompetisie is op hande, met die sluitingstyd wat eintlik al verstryk het. Laat inskrywings is nog welkom tot 29 Julie 2013 en kan by Marc (083-628-9335), Maraisstraat 193, Franskraal ingehandig word. Die tema vir die kompetisie is “Local is Lekker”. Die beoordeling en prysuitdeling sal op Maandag, 5 Augustus plaasvind en Marc kan vir die kompetisiereëls gekontak word. Belangrike fotografie-nuus is dat Johan Dempers van Aerial Image CC ‘n lugfotografie-kursus gaan aanbied.
Johan, wat ‘n professionele lugfotograaf is, het tydens ‘n vorige byeenkoms klublede oor lugfotografie toegespreek.
Hy beoefen lugfotografie al vir meer as 20 jaar en het al interessante projekte in verskeie plekke in Suid-Afrika, maar ook internasionaal in lande soos Afghanistan, Irak en Suid-Amerika aangepak. “Die 'inleiding tot lugfotografie' kursus is gemik op die beginner asook meer gevorderde fotografie en sal van basiese beginsels tot meer gevorderde tegnieke dek,” sê Johan. Die teoretiese deel word vir ‘n Saterdag beplan, met ‘n vlug die Sondag vanaf Struisbaai waar elke student sy praktiese deel sal doen. Hy beplan om die kursus binne die volgende maand aan te bied indien die weer dit toelaat en verdere detail kan by Johan bekom word. Hy kan by 082-397-7452 of 021-300-1118 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by info@aerialimage.co.za.
Een van die foto’s, “Wear & Tear” wat deur Hugh-Daniel Grobler uitgesoek is - Fotograaf is klublid Riaan Jacobs
Besoek gerus ook sy webtuiste by www.aerialimage.co.za. Christo Wessels kan by 082-920-9738 gekontak word, of kontak vir Linda Kloppers by 082-550-7313.
‘n Epos kan ook aan gansbaaifotografieklub@gmail.com gestuur word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.