R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Persoonlik: Ons innigste simpatie aan Toni van Altena en gesin met die afsterwe van Ethné na ‘n lang siekbed. Ons gebede is met julle.
Verjaarsdae: Geluk aan Ria van der Merwe wat op die 25ste verjaar – ons wens jou ‘n mooi jaar toe!
Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Rob Jerrard met 40 punte, gevolg deur Daan Victor 38, John Thompson 37, Joe Cesare 35, Solly Wessels 35, George Hunt 34, Paul Dippenaar 31, El Matthee 30, Dawie Viljoen 29, Stella Swart 29. Naaste aan die pen op no 2 was Solly Wessels en hy teken ook ‘n Spog Twee aan. Andre Roos was naaste aan die pen op no 8&17. Christo Spanellis teken ‘n Arend aan op putjie no 19. Vrydag (borg;: OK Foods) was daar geen kompetisie as gevolg van die weer en die ledetrekking word nie gewen nie en is oorgedra na volgende week. Dankie aan Toekie vir die lekker broodjies! Die gelukkige looitjie vir die pragtige braai wat geskenk is deur Gansbaai Marine is getrek en die wenner was Leon Hattingh. Die komitee en lede bedank Andre Coetzee vir die braai wat die mooi bedrag van R1 500 ingebring het vir die klub. Ons waardeer dit baie.
.jpg)
Saterdag se kompetisie was ‘n Enkel Syfer Plus, en is gewen deur Paul Dippenaar (regs) +4, gevolg deur Joe Cesare +3, Solly Wessels 0, El Matthee -6, RoyceWoods -6. Solly Wessels was naaste aan die pen op no 2&11 en teken ook ‘n Spog Twee aan.
Die Ligaspan het Saterdag op Kleinmond hul laaste wedstryd vir die jaar gespeel, en 2.5 teenoor 5.5 verloor. Johan Coetzee bedank die spelers wat vir die Gansbaai Ligaspan gespeel het gedurende die jaar: Bev Swart, Daan Victor, Sextus Neethling, Andre Coetzee, Christo Spanellis, Andre Roos, George Hunt, Charlie Bent, Daniel vd Merwe, Rob Jerrard & Malcolm Bury. Al die spelers het hul beste gelewer en ons kan trots wees al het ons nie die finaal gehaal nie. Dankie aan almal!
Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Enkel Stableford. Ons hou duimvas vir goeie weer!
Klub/Club: 028 384 1441 – Leon Hattingh & Andre Roos
Navrae/Enquiries: 082 878 0534 – Johan Coetzee
ONTHOU ASB: Die Algemene Jaarvergadering vind plaas op Donderdag 29 Augustus 2013.
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.