Kommer oor bedreigde seevoels

Kommer oor bedreigde seevoels

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr is Dickie en Wilfred Chivell saam met Brenda du Toit tydens ‘n aanbieding oor seevoëls in die Great White House

 “As ‘n groep is seevoëls deel van die mees bedreigde voëlspesies in die wêreld, met bykans ‘n derde van alle spesies wat op die globale rooilys vir bedreigde spesies opgeneem is. Seevoëls domineer ook die lys van bedreigde spesies op streeksvlak in Suid-Afrika,” het Wilfred Chivell van Dyer Island Conservation Trust (DICT) tydens sy aanbieding oor seevoëls in die Great White House gesê. “Hierdie voëls word nie net op see deur menslike aktiwiteite bedreig nie, maar ook by hulle broeiplekke.”
Etlike seevoëlspesies is deur Wilfred bespreek en te oordeel aan die vele vrae wat gevra is, was dit ‘n baie interessante onderwerp vir die aand. Eerste aan die beurt was die kosbare Afrika pikkewyn (Spheniscus demersus) waarvan die absolute bedreigde situasie alombekend is. Die laaste telling het aangedui dat daar slegs sowat 800 pare op Dyer Eiland oor is.  “Die pikkewynneste wat lankal reeds aan almal bekend is, is intussen verbeter deurdat luggate in die dakke van die neste gemaak is, met ‘n “afdak” bo-oor vir beskutting.”
Met verwysing na albatrosse (Diomedea cauta), het Wilfred hulle as “incredible and magical” beskryf. “Hulle moet hardloop voor hulle kan opstyg en as hulle eers in lug is, kan hulle selfs 17,000-19,000 kilometers ver vlieg sonder om die grond te raak. Hulle word ook as die grootste voëls in die wêreld gereken, met sommiges wat ‘n vlerkspan van selfs groter as 3.5 meter het,” het Wilfred gesê. Van die seevoëls wat van nader bekyk is, is die 4 bekende Kormorantspesies (Phalacrocorax) wat in hierdie omgewing aangetref word. “Die belangrikste gevare en roofdiere is seemeeue, pelikane, wilde kalkoene, hadida’s, reiers, robbe, seeleeus, slange, roofmeeue, verskeie katspesies, muishonde en rotte, maar die belangrikste bedreiging is die mens, veral met langtermyn versteuring van broeiplekke,” het Wilfred gesê. Dyer Eiland verskaf ‘n tuiste aan meer as 29 verskillende spesies van seevoëls regdeur die jaar, hetsy as rusplek vir trekvoëls of permanente “inwoners” wat nesmaak en broei. Na afloop van Wilfred se aanbieding, is die gaste oudergewoonte op smaaklike sop en brood getrakteer. DICT se webtuiste, www.dict.org.za kan gerus besoek word vir detail-inligting oor seevoëlspesies, bewaringsprojekte en veel meer.
Hardus Botha
 

Kommer oor bedreigde seevoels

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.