R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die dames van die Woekermark wat blomme ontvang het, met vlnr Francia van Dyk, Petro van der Nest en Berta Brits
Vrydae se Woekermark in die Pretoriussaal het verlede Vrydag, 19 Julie 2013 sy 6de verjaardag gevier. Dit was die “manne” se beurt vir die koek- en teestalletjie en hulle het heel flink en vriendelik voorgekom, met een wat ewe flink met die skinkborde heen en weer gedraf het. Die pannekoekstalletjie vir die verjaardag was ten bate van Herberg-aan-See se bestanddele vir hulle basaar wat op 21 September vanjaar, saam met die Fees van die Ganse gaan plaasvind. “Die Woekermark het 6 jaar gelede in geloof begin en ek wil graag ons ondersteuners baie dankie te sê vir hulle getroue ondersteuning, asook vir alle deelnemers en werkers,” sê Francia van Dyk, koördineerder van die Woekermark, wat ‘n yslike bos blomme ontvang het. Toe lek dit uit dat een van die manne teenwoordig, Johan van Wyk, bekend vir sy betrokkenheid by Sendingwerk, op dieselfde dag verjaar het.
Eddie Barnard, die gewilde musiekmaker tydens die Woekermarkdae, se 86-jarige suster het ook kom kuier en “sy is nog só gesond dat sy nie weet van dokters, medikasie of pille nie”. Vrydae se Woekermarkte begin elke Vrydag om 09:00 in die Pretoriussaal. Vir enige navrae kan Francia van Dyk by 028-384-0262 of 082-551-3613 gekontak word.
Hardus Botha

Dit was die “manne” se beurt om koek en tee/koffie te bedien, met Johan van Wyk (links) wat op dieselfde dag as die Woekermark verjaar het
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.