Stanford SAPD

Stanford SAPD

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Marilyn Booi was 'n geharde vrou wat al by die randjie van die dood omgedraai het nadat sy met 'n bottelnek in haar nek gekap was. Haar slagare was met centimeters gemis, maar dit was nog nie haar tyd nie. Marilyn se pad was nie met maanskyn en rose besaai nie, sy was gewoond aan "grondpad" loop.
Op 2013/07/25 om 18h15 was Marilyn se liggaam gevind in 'n kamertjie in Stanford se Rugby Klubgronde. Van haar vriende het onraad gemerk toe hulle haar nie soos altyd in die dorp gesien het nie, sy het ook nie geantwoord toe hulle by die kamertjie gaan klop het nie. Mnr. Graig Niemand en Mondeen Mars, plaaslike brandweer beamptes was reeds op die toneel toe die polisie, Sers. Van Dijk gaan ondersoek instel het. Die deur was gesluit en die venster was toe. Mnr. Graig Niemand het toe reeds 'n klein venstertjie uitgehaal om te sien wat fout was aangesien Marilyn op haar bed in 'n slapende posisie gelê het, en nie op haar naam gereageer het nie. Haar hondjie het dood naby die venster gelê.
Mondeen Mars het toe deur die venster geleun en die sleutels uit die deur gehaal sodat die deur oopgesluit kon word. Ser. Van Dijk het toe die deur oopgesluit en volgens hom het hy 'n skerp rook reuk gekry. In die vertrek naby Marilyn  se bed het 'n "gellie blik" gestaan. Marilyn se lewelose liggaam het op die bed gelê. Paramedici, Mnr. Albert Kuhn, 'n EMS beampte het haar dood verklaar.
Die outopsie was op Vrydag 26 Jul 2013 gehou en dit het bepaal dat sy weens versmoring dood is.
Dit is winter en mense probeer maar warm bly, maar hulle moet asb in gedagte hou dat daar 'n venster vir ventilering oopgehou moet word. 'n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer en word ondersoek.
Ou Marilyntjie, you lived on the edge en daar is min manne wat met 'n vuis soos jy kon slaan, jy sal gemis word in ons dorp.
AO Sarena Hugo het besluit om 'n "Marilyn Booi" projek te begin sodat komberse geskenk kan word aan die behoeftiges aangesien die winters koud is en die mense het nie warm goed nie en probeer also m warm te bly, dit het haar lewe gekos, sy was maar 35. Sy kan gekontak word te SAPS Stanford, Tel 028 341 0601, indien hulle warm goed aan behoeftiges wil skenk.

Stanford SAPD

AO Sarena Hugo, SAPS Stanford

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.