R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die Junior Afdeling wenners van die Mej Sea Star Kompetisie
Dit was weer tyd vir die kies van ‘n Mej Sea Star, Junior en Senior, vir die Sea Stars Netbalklub. “Die aand het suksesvol verloop, met deelnemers wat eintlik almal wenners was omdat hulle só pragtig gelyk het,” vertel Bertruline Dickson, voorsitter van die klub. Die gesellige aand is ter stywing van die klub se fondse gereël. Ongelukkig het die kamera wat deur hulle gebruik is, nie so goed saamgewerk nie, en kon net ‘n foto van die Juniors aan Gansbaai Courant beskikbaar gestel word. Intussen het die klub 2 wedstryde gespeel.
Op 20 Julie was dit tuis teen Kleinmond, met die B-spanne wat terselfdertyd hulle proewe gespeel het. Tydens daardie wedstryd het die A-span met 19-22 verloor en die B-span het met 12-8 gewen. “Dit was die eerste keer hierdie jaar wat ons A-span verloor het,” sê sy. Verlede Saterdag het hulle teen Blompark se Sea Gulls gespeel, met die Sea Stars as algehele oorwinnaars: die A-span 42-19 en die B-span 32-16.
Eerskomende Saterdag speel die Sea Stars weg teen Bredasdorp. Vir navrae rakende die Sea Stars Netbalklub kan Bertruline Dickson by 072-707-5687 geskakel word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.