Noue ontkoming vir ma en kinders

Noue ontkoming vir ma en kinders

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Vakansiehuiseienaar van Riebeek Kasteel, Jannie du Toit, se dogter, Magdelena Terblanche en haar kinders het 'n vreesaanjaende ondervinding in Franskraal gehad. Sy en haar drie kinders van 5, 7 en 10 jaar was op besoek van Vancouver in Kanada en het alleen in die strandhuis gekuier. "Ek het Vrydagoggend om 04:00 wakker geword en gesien dat daar twee mans by my in die kamer was. Ek het doodstil versteen gelê en een het my selfoon langs die bed gevat. Daarna het die twee mans in die huis rondbeweeg. Hulle het later die huis verlaat en ek het opgestaan en deur die venster gesien hoe hulle met gesteelde items wegstap. Hulle was donker aangetrek en ook donker van kleur. Twee van my kinders was by my in die kamer en die oudste in 'n ander slaapkamer," het sy gesê. Magdelena het die paniekknoppie van die sekuriteitstelsel gedruk en beide die sekuriteitsbeampte van Secma en die polisie was gou op die toneel. "My Nikon kamera, waarvoor ek 13 jaar gewag het en kort voor my vakansie gekoop het, en twee selfone is gesteel. Oor die kamera is ek baie hartseer want my vorige ordentlike een is na my wittebrood uit my man se tas op die lughawe gesteel. Nou het ek geen wittebrood foto's nie en is weer my kamera kwyt," het Magdelena gelate gesê. Sy en die kinders gaan weer aan die einde van die maand terug na Kanada waar sy 'n Sondagskoolonderwyser en haar man 'n mynbou-ingenieur is. Sy is net dankbaar dat die inbrekers vir haar en die kinders met rus gelaat het. Die saak word ondersoek en die publiek word gevra om op die uitkyk te wees vir 'n D3200 Nikon kamera wat moontlik te koop aangebied kan word.
Francois de Jongh

Noue ontkoming vir ma en kinders

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.