R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Die staat spandeer meer daaraan om gevangenes te onderhou as om na bejaardes om te sien. Die meer as twee miljoen mense wat van die toelaag vir ouer mense afhanklik is, ontvang 'n karige R1 260 per maand, terwyl die belastingbetaler R10 000 per gevangene per maand opdok.
“Hoewel dit volgens die departement van maatskaplike ontwikkeling die doel van die Wet op Ouer Persone is om die status, welsyn, veiligheid en sekuriteit van ouer mense te behou, word bejaardes daagliks uitgebuit,” sê Christine Breet, die adjunkhoof van Solidariteit Helpende Hand. “Dit is in 'n groot mate juis dié departement wat bejaardes uitbuit met 'n pensioen waarmee hulle eenvoudig nie kan oorleef nie. Helpende Hand beoog om hierdie toelaag te verbeter.”
Bejaardes wat vir die toelaag vir ouer persone kwalifiseer, ontvang 'n bedrag van R1 260 per maand en diegene wat ouer as 75 jaar is, ontvang R1 280 per maand. Dié bedrag is volgens verskeie organisasies wat na bejaardes se belange omsien, asook Helpende Hand se eie navorsing onder bejaardes, te min om 'n menswaardige oudag te hê. Volgens Kgomotso Diseko, die nasionale woordvoerder van Sassa – die regeringsagentskap vir maatskaplike sekerheid – is dit bloot 'n subjektiewe persepsie van sommige mense dat die toelaag ontoereikend is en dat dit hoofsaaklik verband hou met die betrokke indiwidu se eie lewensomstandighede. Hy meen een maaltyd per dag kan aanvaarbaar wees in die geval van bejaardes, afhangend van die soort maaltyd wat aangebied word.
In teenstelling met die regering se toelaag vir bejaardes, wat reeds hul bydrae tot die samelewing gelewer het, spandeer die departement van korrektiewe dienste heelwat meer per maand om een gevangene te onderhou. Volgens die departement van korrektiewe dienste kos dit R318 per dag, oftewel R10 000 per maand, om 'n gevangene te onderhou.
Sassa se regverdiging van die huidige stand van toelae is dat die toelaag vir bejaardes wel elke jaar verhoog word. Van 2012 tot 2013 is die toelaag met R60 per maand verhoog.
“Die ekstra R60 per maand vul baie min gate as jy nie eens geld het om kos, onderklere of medisyne te koop nie,” sê Breet. “Dit is onaanvaarbaar dat bejaardes se welstand so min beteken vir die departement van maatskaplike ontwikkeling.”
Solidariteit Helpende Hand pak verskeie projekte aan om in bejaardes se behoeftes oor die breë spektrum te voorsien. Die verhoging van die toelaag vir ouer persone is een van Helpende Hand se projekte wat in die volgende jaar aandag sal geniet.
Om by te dra tot Helpende Hand se projekte, sms die woord “hand” na 34388 en 'n agent sal jou skakel 'n sms kos R2).
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.