Vrolike Fynbos en Musiekfees

Vrolike Fynbos en Musiekfees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Mej Fynbossie, Jancke Otto en Mnr Fynbossie, Henrique Lourens.

Foto: Nina Martin

Die 1ste been van 2013 se Fees van die Ganse, die Winter Fynbosskou en Musiekfees, het vrolik en gesellig afgeskop en getuig van sukses op die harde werk wat gedoen is. Veral diegene wat die verruklike Winter Fynbos-uitstalling in Gansbaai Academia se skoolsaal misgeloop het, het baie om oor jammer te wees…dit was weer eens “vanuit ‘n ander wêreld”. Selfs die skoolhoof, mnr Tommy Wilson, het sy siekverlof ná ‘n ernstige operasie, vir ‘n dag prysgegee en vanaf Worcester gery om die uitstalling se skoonheid saam met sy eggenote, Julia te kom bewonder. Vanjaar se Winter Fynbosskou is onder leiding van Anita Botha en Aletta Groenewald saamgestel, “met ‘n Fynbosspan wat ongelooflike werk verrig het,” het Anita gesê. Vanuit die geledere van Gansbaai Toerisme, onder leiding van die Bestuurder, Glenda Kitley, is alles moontlik gedoen om ‘n sukses van die fees te maak.

Die omgewing se talentvolle kunstenaars wat gereël is, is (alfabeties): Baardskeerdersbos se Boeremusiekmanne onder leiding van Manie Groenewald, Eddie Barnard, Jamborie Band, Leon Carstens, Liezel Mostert, Matt Human, Matt Hurter, Pieter van der Merwe, Steven Bernhardt en Arista Paxton van Kaapstad. Tydens die prestige aandete het Hendrik Britz met sy panfluit en 2@T van Joe Bezuidenhout met sang, ook vir goeie vermaak gesorg. Die uitstekende 3-gang maaltyd ten bate van Gansbaai Academia, is smaakvol en met sorg deur die skool se Toerisme-leerders onder leiding van Helene Segal voorberei en bedien.

Etlike stalletjies, ingesluit die pragtige kunsuitstalling deur plaaslike kunstenaars, het gesorg vir meer as genoeg vir die besoeker om aan te skaf. Die Teetuin, ook ten bate van Gansbaai Academia en onder leiding van Carla Gouws en haar helpers, het deurgaans vir smaaklike verversings gesorg. Groot opgewondenheid het onder kinders geheers oor die kies van ‘n Mnr/Mej Fynbossie. Die wenners was Mej Fynbossie - Jancke Otto en Mnr Fynbossie - Henrique Lourens. Hulle het elk ‘n walvisbesigtigingsprys, ouers ingesluit, van Ivanhoe Sea Safaries ontvang. Die 1e en 2e Prinsesse was Carmen Fortuin en Abigail Terblanche, met die 1e en 2e Prinse as Lee Vanjo en Jordan. Die beoordelaars was Elzaan van Lill (2012 se Mej Fees van die Ganse), Jacques van Lill en Greta Olivier.

Die gebruiklike Interkerklike Erediens is deur ds Dennis Naidoo gelei. Puik koorsang is deur die Gansbaai Academia koor, die VGK-koor en die VGK-mannekoor gelewer. “Oorkoepelend is ons dankbaar dat die fees baie goed afgeloop het en die vorms vir kommentaar wat versprei is, het deurgaans op goed tot uitstekend gedui,” het Glenda gesê. Sowat 1,000+ besoekers het die fees gedurende die 2 dae bygewoon. ‘n Volledige lys van bedankings sal in die volgende uitgawe van Gansbaai Courant geplaas word.
Hardus Botha


Die gedugte groepie Toerismeleerders van Gansbaai Academia wat, onder leiding van Helene Senegal, vir twee prestige-etes gesorg het

Vrolike Fynbos en Musiekfees

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.