R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die Birkenhead Animal Rescue Centre, of te wel Gansbaai se BARC soos dié organisasie alom bekendstaan, het verlede week ‘n nuwe Veldwagter, Antonie Jordaan, gekry. Hy vervang vir Phillip Schreck, wat sedert 2010 uitstekende en entoesiastiese diens as BARC se Veldwagter gelewer het. Phillip het onlangs om persoonlike redes bedank.
Antonie Jordaan, BARC se nuwe Veldwagter
Antonie is al vir 25+ jare ‘n Gansbaaier en behoort vir vele Gansbaaiers ‘n bekende gesig te wees. Aanvanklik is hy uit nood gevra om uit te help, maar hy het besluit om permanent betrokke te raak. “Ek weet dat ek die werk as Veldwagter sal geniet, aangesien ek ook baie lief vir diere is,” het hy gesê. Dit gaan steeds goed met BARC, asook met hulle Tweedehandse Winkel, danksy skenkings deur die gemeenskap. Tweedehandse artikels, hoe “oud” ookal, soos veral kombuisware, linne, gordyne, handdoeke, ornamentjies en enige ander snuisterye word deurlopend benodig. Finansiële bydraes ten bate van BARC kan direk in die volgende bankrekening inbetaal word (meld net die donateur se naam, of “anoniem” indien so verkies): BARC - Nedbank Gansbaai - Takkode 196 005 - Rekeningnommer 149 810 3006 - Spaarrekening. “Ons Facebook-blad, “BARC Gansbaai Animal Welfare”, het baie gewild geraak, ook in oorsese lande,” vertel Annalie Jonker van BARC. Vir enige navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie by 082-826-0631 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by maynestay@axxess.co.za.
Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Antonie Jordaan (Veldwerker) by 083-742-3903 (onveranderd) geskakel word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.