R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Wat 'n wonderlike dag is in Pearly Beach op 20 Augustus gevier.
Die Vrouediens, van die NG Kerk het hierdie mooi oggend vir die dames aangebied. Die eregas was Christine Jordaan. Alta van Niekerk het 'n kort afskeidboodskappie aan haar oorgedra namens die inwoners en die Vrouediens. Christine woon nou in Herberg-aan-See. 'n Baie mooi en paslike gedig is geskryf oor die oggend se gebeure deur Liesje van Woerkom, sy het ook aan elke model 'n gedig opgedra. Die wonderlike dames van Pearly Beach, NG Kerk het 'n lieflike oggend gereël wat beslis die moeite werd was. Ai tog, wens daar kon honderde dames wees om saam te geniet, ontspan en vergeet van dramas. Daar was flinke dames wat agter die skerm, fluks en sonder gekerm gewerk het. Iedereen kon ietsie saambring wat sentimenteel is. Die sentimentele gedagtes was goed en wonderlik. Ek het gewaar, hier en daar, is stilweg 'n traan weggepik.
Corra's Fashion het gesorg vir 'n modeparade. Die agte modelle was van die beste en elkeen 'n ster in eie reg. Ons gaan hulle beslis weer gebruik. Die verrassende pryse was nie te versmaai. Aan die einde het ons met koek en tee laat waai. Ons wil net graag die volgende mense bedank vir die lieflike geskenkbewyse wat aan die Vrouediens van Pearly Beach, NG Kerk geskenk is. Corra's Modewinkel te Gansbaai (Corra); Sarona's Health & Beauty Clinic (Sarona); Liezel Hair On Main road (Liezel)en Protea Flora van Gansbaai bloemiste (Carien).
Marietjie Gerber
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.