R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die oorhandigers en ontvangers van blyke van waardering, met vlnr Jacques van Heerden, Awie Marais, Annemarie de Boer, Liesel Kok, Helene Segal, Johan Pieterse en Helmie de Vries
Die Wynproe-aand op Vrydag, 9 Augustus “tussen die Fynbos” was ‘n unieke, maar ook ‘n baie spesiale aand - en dit nogal op Vrouedag. “Almal sal saamstem dat die Fynbosspan wat vir hierdie unieke Fynbosuitstalling verantwoordelik was, ‘n spesiale dankie en applous verdien,” het voorsitter Helmie de Vries gesê. Daarna het Helmie die aanbieders, Liesel Kok (Bemarker) en Annemarie de Boer (Skakelbeampte) aan die woord gestel. Slanghoek Kelder is in ‘n sprokiesvallei tussen die Slanghoekberge geleë, sowat 4km vanaf die Goudini Spa. “Ons Merlot is net die regte inspirasie vir Vrouedag - bestel ‘n Merlot en die vroue sál beïndruk wees!” Die wyne wat geproe en beoordeel is, is: witwyne - Chenin Blanc, Sauvignon Blanc en Chadonnay; rooiwyne - Camerca, Merlot en Shiraz; soetwyne - Cape Ruby en Red Muskadel. Hierdie wyne het op een na almal ‘n sterk silwer tot goud as beoordeling ontvang. Die wynproe is met hulle Crème De Chenin afgesluit en is summier met ‘n sterk goud beoordeel. Die uitstekende 3-gang maaltyd ten bate van Gansbaai Academia, is smaakvol en met sorg deur die skool se Toerisme-leerders onder leiding van Helene Segal voorberei en bedien. Hulle is Amelia Kaptein, Christina Armando, Elouise Titus, Lelanie Pietersen en Shereney Snyman. Vir die eerste keer is die gaste ook met vermaak vanuit die boonste rakke verras. Manie Groenwald en sy span boeremusiek-makers, Bertie le Roux, Chris Meyer, Flippie Groenewald, Rialet Groenewald en Willie de Villiers se bydrae tot groot feestelikheid, verdien spesiale erkenning. Jacques van Heerden, Awie Marais en Johan Pieterse het die gebruiklike blyke van waardering aan Annemarie de Boer en Liesel Kok van Slanghoek Wynkelder en Helene Segal van Gansbaai Academia te oorhandig.
Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Helmie by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hom by info@franskraalbandb.co.za.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.