Stormwater chaos

Stormwater chaos

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Deel van Uilenkraalsmond Vakansie-oord wat soos ‘n dam lyk wat met 12 wooneenhede omring is ná die onlangse stormwaterprobleme.

Die geweldige reën van die afgelope tyd het groot chaos en skade in die hele omgewing tot gevolg gehad. Veral plekke soos Franskraal, Uilenkraalsmond en Pearly Beach het behoorlik deurgeloop, terwyl skade ook in Gansbaai, Blompark, Masakhane en Baardskeerdersbos voorgekom het. Overstrand Brandweer se brandweermanne van Gansbaai Brandweerstasie het sover moontlik bystand verleen, water uitgepomp en sandsakke gepak waar voorkoming noodsaaklik was.

Gansbaai brandweerpersoneel besig met ondersteuning en hulpverlening.

Gansbaai Munisipaliteit se Afdeling: Operasionele Dienste, het alles in hul vermoë gedoen om behulpsaam te wees en om groter skade te verhoed.  Tussen 28 Augustus en 3 September is 50+ vragte stormwater om wonings en uit dreine gepomp en in sommige gevalle moes selfs 2 trokke per woning gebruik word. Voorts is ernstige stormwaterklagtes deur eienaars van sowat 15 wonings in Gansbaai, Franskraal, Uilenkraalsmond, Blompark, Masakhane, Pearly Beach en Eluxolweni ondersoek waar die nodige bystand verleen is.

Van Uilenkraalsmond se strate is oorspoel.

In Uilenkraalsmond Vakansie-oord, wat nie Gansbaai Munisipaliteit se verantwoordelikheid is nie, het hulle daadwerklik ingeklim met die trek van stormwater tussen die wonings. Die westelike deel (regs vanaf Kraalkafee) het die ergste onder stormwater deurgeloop, met 12 wooneenhede wat erg beskadig is. “Ek is nie oor Uilenkraalsmond se reënwater bekommerd nie, maar wel oor stormwater vanuit Franskraal,” het Paul Venter, voorsitter van Uilenkraalsmond Buurtwag gesê.

Skade by Johnny Rockets oorkant Uilenkraalsmond

Paul het sy dank en waardering teenoor almal wat met die grawe van slote gehelp het, asook die munisipale amptenare wat alles in hul vermoë gedoen het om te help, uitgespreek. Paul se eggenote het interessante vergelykende reënvalstatistieke in Uilenkraalsmond vir Augustusmaand beskikbaar gestel: 2011 - 54mm, 2012 - 149mm en 2013 - 302mm. Jaargewys lyk dit so: 2010 - 518mm, 2011 - 694 - 2012 - 781 en 2013 (net Januarie - Augustus) - 811mm. Nog ‘n Gansbaaier wat sedert 1996 getrou na reënvalstatistiek kyk, is Jerry Oosthuizen. Hy sê in 2006 het hy gedink 154mm is ‘n rekord, maar Augustus 2013 het hy 192mm in Gansbaai gemeet. ‘n Inwoner van Baardskeerdersbos, Snoekies Groenewald (74), se huis het ook ernstig onder die water deurgeloop. Reënwater het in strome vanaf die berg gekom, verby die begraafplaas en deur sy woning gestroom. 
Hardus Botha



Van Pearly Beach Kampterrein se strate het oorspoel.

 

Stormwater chaos

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.