R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Foto: Louw Hugo van Kleinbaai.
'n Seldsame weerverskynsel het hom Vrydagoggend om 09:00 oor die see by Dyer Eiland afgespeel. Terwyl die Noordelike Halfrond en veral die VSA, gereeld deur verwoestende tornado's geteister word, is dit raar in die Suidelike Halfrond en dus ook in Gansbaai.
Verskeie verbaasde lesers het Vrydag foto's van die tornado oor die see naby Dyer Eiland aan die Courant ge-epos. Die afgelope week het ons 'n goed ontwikkelde kouefront met sterk gedefinieerde valwinde óf reënwindbui-lyne vanuit die noordweste oor die see ervaar.
Die wind het 'n intense laagdruksisteem op mesoskaal binne die kouefront laat ontstaan. Hierdie warm lug is opeengehoop en opgeforseer. Dit het 'n kloksgewyse lugsirkulasie tot gevolg gehad wat 'n vortex (tregter) gevorm het. Water is in hierdie watertuit (watersprout) opgetrek en het die tregter duidelik sigbaar gemaak. Die lugstrome ontsnap vinniger aan die bo-punt as onder en die draaiende wind kan so al sterker gevoed word en nog meer water optrek. Die wydte van die verwoestingspad is selde breër as 500 meter en sy woed haar gewoonlik binne 'n kort afstand van sowat 20 kilometers uit. Die tregter kan hoogtes van tot 15000 meter bereik en vorentoe beweeg teen sowat 30 km/uur. Windsnelheid rondom die tornado se oog kan oor die 200 km/uur haal. Dit verlaag die druk in geboue waaroor hul beweeg in so 'n mate dat dit van binne na buite kan ontplof. Los materiaal word ook maklik in die tregter opgesuig.
Tornado's is die hewigste, destruktiewe atmosferiese versteuring wat kan voorkom. Dit is egter ten spyte van die skouspelagtigheid en skrikwekkendheid daarvan van mindere belang in wêreldklimate. Tornado's se verspreiding is beperk tot 'n paar streke en hul voorkoms is ongereeld.
Tornado's kry gewoonlik vrouename, moontlik weens hul wispelturigheid.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.