R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die wenners van boeke, met vlnr Leonie Botha, Lettie van Deventer, Bokkie Loubser, Tersia Coetzee (Naledi Uitgewers) en Ronel de Villiers
“Ten spyte van die reën en stormwind het die Bietoubossers op 13 Augustus die kategesesaal volgepak en hulle het behoorlik gekuier,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. Hulle het vir Tersia Coetzee van Naledi Uitgewers genooi om as gasspreker op te tree. Sy het vertel dat sy en haar man, Johan, dié Uitgewers aanvanklik alleen begin en beman het. “Onlangs het Melt Myburgh van Woordfeesfaam by ons aangesluit,” het Tersia gesê. Die naam, Naledi, is ‘n woord uit Noord-Sotho wat “Ster” beteken. Boeke soos onder andere Die Lanternswaaiers van SD Fourie, Spoor van die Perlemoenstropers van Johan Fourie, Pitkos van ST Potgieter en Amoré Bekker se Resepteboek is al deur Naledi Uitgewers uitgegee. “Die Bietoubossers het vinnig tot die besef gekom dat die uitgee van ‘n boek ‘n enorme werk is,” sê Elizma. Tersia het gesê die kostes vir die uitgee van ‘n boek is die Uitgewer se risiko - daarom is dit van kardinale belang dat behoorlike bemarking gedoen moet word. Vir ‘n gemiddelde boek moet 2000-3000 boeke verkoop word net om die kostes daaraan verbonde te dek. Elizma vertel dat daar 'n lekker bonus vir die besoekers was: 4 pryswenners is deur middel van hulle lootjietrekking aangewys. “Elkeen van dié vier dames het ‘n boek as geskenk van Naledi Uitgewers ontvang.” Dirk en Eva Büchner van Huis Breda het tussendeur gesorg vir aangename luistergenot met hul pragtige samesang. Daarna was die smaaklike eetgoed en saamkuier die laaste strooi om die gaste van die triestige weer te laat vergeet en almal kon huis toe keer met genoeg warmte in die hart.
Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is op 10 September 2013 en vir navrae kan Annette van Zyl by 028-384-1075 gekontak word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.