R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Die skoolbus van Genadendal wat deur ‘n betonheining gebars het, sonder ‘n bestuurder en al luierende
‘n Skoolbus van Genadendal het op Dinsdag, 27 Augustus deur ‘n betonheining in Korporasiestraat gebars…al luierende en sonder ‘n bestuurder. Die bestuurder, Gert Mauries het oorkant Kekkel & Kraai stilgehou om inkopies te doen. “Ek het die bus se enjin laat luier, maar seker gemaak die handrem is stewig opgetrek,” het Gert agterna gesê. Toe hy uit die besigheidsentrum kom, was die bus skoonveld. Dit het rustig en sonder ‘n bestuurder met Korporasiestraat afbeweeg en op die hoek by Dirkie Uysstraat deur die heining van ‘n huis gebars en kort voor die voordeur tot stilstand gekom – met die enjin steeds al luierende en steeds sonder ‘n bestuurder. Gert se gesig was ‘n toonbeeld van verstomming toe hy deur omstanders gewys is waar sy bus is. Die woning word deur Jan Fourie, Vloerbestuurder van Gansbaai Superspar gehuur. Jan is tans met verlof en bevind hom iewers aan die Weskus. Die woning behoort aan Bertie Ramsauer van Dyer Eiland Visserye in Gansbaai hawe, wat onlangs groot skade gehad het met sy stokvis-treiler, die St Croix, wat in die nuwe hawe deur erge stormweer en –wind losgeruk is en op die rotse beland het. Nou het ‘n bus sonder bestuurder deur sy betonheining gebars.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.