R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

‘n Groefoto deur Hugh-Daniel Grobler van Gansbaai Fotografieklub se lede wat onlangs aan ‘n deeglike praktiese fotosessie deelgeneem het
Dit was behoorlik flitsende kamera’s van sowat 20 lede tydens Gansbaai Fotografieklub se onlangse praktiese foto-sessie. Baie moeite is gedoen en die reeks praktiese oefeninge is professioneel onder leiding van Marc du Plesis, Kompetisie-beampte, uitgewerk en beplan. Die lede is in groepies verdeel om by verskeie vooraf opgestelde punte vir die neem van foto’s uit te kom. Ses verskillende tipe omstandighede vir die neem van foto’s is geskep en die groepe het om die beurt van die een punt na die ander beweeg. Die onderskeie kategorieë, wat elk spesifieke kameraverstellings vereis het, was: Rookspore met wierook wat opstyg (smoke trails); Portretfotos met studioligte; Beligtingstegniek met blomme; Lopende gekleurde water wat uit ‘n wynglas gegooi word; Gekleurde gliserien op water, met foto’s wat van bo-af geneem is. Deurentyd is lede met professionele advies soos beligting, verstellings, benutting van driepote en dies meer bedien.
Die groep was dit eens dat dit die mees interessantste praktiese oefening was wat nóg aangebied is en gerus herhaal kan word.
Een van die vele puik foto’s tydens die praktiese fotosessie, deur Nina Martin
Knapgedaan, Marc en helpers, dit was ‘n bogemiddelde byeenkoms. “Ons het lekker hard gewerk om alles gereed te kry en ook om na die tyd op te ruim en ek bedank graag almal wat gehelp het en ‘n bydrae gelewer het om so ‘n groot sukses van die byeenkoms te maak,” sê voorsitter Christo Wessels. Gansbaai Fotografieklub se volgende byeenkoms is vir Maandag, 16 September om 18:30 te Kerkstraat 30 geskeduleer en almal is welkom.
Vir navrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.