Gholfnuus

Gholfnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verjaarsdae:  Paulina Nel 9e, JC Pieterse 13e, Piet Schoombie 14e, CA Botes 14e, H Fourie 14e, Caterina Zeusem 15e, F de Swardt 15e – baie mooi wense, en geniet jul verjaarsdag!

Woensdag
se Sloegterskompetisie is gewen deur George Hunt met 40 punte (borg: Hermanus Liquor Store), gevolg deur Jan le Roux 36, Daan Victor 34, Joe Cesare 34, Jakkie Beukes 34, Bev Swart 34, Daniel vd Merwe 33, Jannie Brandt 33, Bobby Brandt 33, Rob Jerrard 31.  Naaste aan die penne was Daniel vd Merwe op no. 2&11 en no.15, Rob Jerrard op no.8 en Rob teken ook ‘n Spog Twee aan.

Vrydag
se 9-putjie kompetisie (borg: OK Foods) het 22 spelers aan deelgeneem, en die wenner was Frikkie van Eeden met 22 punte, gevolg deur Johan Coetzee 22, Daan Victor 19, Charlie Bent 18, Steve Donnelly 17, Nico Jones 17.  Spog Twee’s word aangeteken deur Johan Coetzee (11 & 17) en Frikkie van Eeden (17).

Vrydag:
  Die Bestuurskomitee het besluit dat die Vrydag-kompetisies om 08:00 begin, en die prysuitdeling is 18:00.  Verskonings word aanvaar as speler nie by die prysuitdelling teenwoordig kan wees nie.  Die ledetrekking is gewen deur Lucille Coetzee – veels geluk. Daar was ‘n heerlike snoekbraai en broodtafel.  Die lede bedank Bev vir die snoek, en Bev & Steve vir die braai, en Awie en Ria vir die heerlike broodtafel.

Saterdag se kompetisie was die Maandelikse Houespel en die wenner was Nico Vlok  (regs) (borg: Kleinbaai Motors), ge-volg deur Daniel vd Merwe 71, Charlie Bent 71, Edwin Harris 71, Bev Swart 73, Rob Jerrard 73, Bobby Brandt 73, Paul Dippenaar 73, George Hunt 74, Piet le Roux 74.  Naaste aan die penne was Rob Jerrard op no 2&11, Jannie Brandt no 8&17, Paul Dippenaar op no 15 (borg: SuperSpar/Tops).  Spog Twee’s word aangeteken deur Daniel vd Merwe 17, Rob Jerrard 2, Daan Victor 8 en Charlie Bent 17.

Uitklopkompetisie
: Leon Hattingh & Sextus Neethling wen vir Bev & Stella Swart in die finaal van die Four-somes.  Veels geluk, Leon & Sextus!

Volgende Saterdag
se kompetisie is die Maandelikse Houespel.

Klub/Club: 028 384 1441 Leon Hattingh & Andre Roos

Navrae/Enquiries:  Johan Coetzee 082 878 0534

Gholfnuus

Johan Coetzee

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.