R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
.jpg)
Dit blyk dat die vaslegging van die ryke geskiedenis van Gansbaai en sy mense in 'n netjiese gedenkbundel vir die nageslag verlore mag wees. Dit volg nadat daar nie voldoende fondse ingesamel kon word om die manuskrip die lig te laat sien nie.
Sowat drie jaar gelede het ‘n klein groepie belangstellendes die behoefte identifiseer vir ‘n gedenkboek oor Gansbaai en sy mense. Dit nadat hulle bewus geword het van die waardevolle materiaal wat vir dié doel in besit van SD Fourie en haar man Jan, was. Dit het hulle onder die besef gebring dat hierdie ryke geskiedenis vir die nageslag behoue MOET bly. SD, as gevierde skrywer, was ook die ideale persoon om by die skryf daarvan te betrek. ‘n Loodskomitee is gestig en daar is dadelik aan die werk gespring om fondse in te samel. Die fondse kon by wyse van ‘n skenking, ‘n lening of bestelling van ‘n boek ingesamel word. Alle oudleerlinge van die plaaslike laerskool wat op hul databasis geregistreer is, is onder andere gekontak. Talle berigte is in die plaaslike Courant gepubliseer en ‘n funksie is gehou waar die gedagte vir ‘n boek en sommige van die gepaardgaande brondokumente bekendgestel is.
In die proses is ongeveer R45000 ingesamel en in trust gehou deur Guthrie en Theron prokureurs. Sommige van die skenkings is afkomstig van belangstellendes wat nie eers in Gansbaai woonagtig is nie. Pogings is ook aangewend om finansiële ondersteuning van die L W Hiemstra Trust, asook by die Rupert Stigting te bekom. 'n Bedrag van R35000 is deur die Hiemstra Trust belowe wat betaalbaar is by die voltooiing van die manuskrip. Die Rupert Stigting het egter aangedui dat hulle nie met die finansiering van die projek behulpsaam kan wees nie. Hierdie omstandighede veroorsaak egter dat daar steeds ‘n tekort van R100 000 bestaan om die manuskrip te voltooi. Die totale projekkoste is geraam op R250 000.
Omdat daar ná meer as drie jaar steeds nie voldoende fondse is nie (selfs nie eers 'n aanbod vir 'n rentevrye lening nie), het die komitee besluit om die projek te laat vaar en om die bedrag wat deur skenkings en bestellings ingesamel is, aan die einde van Oktober vanjaar terug te betaal.
Die komitee wil graag diegene wat saam met ons die noodsaaklikheid van so ‘n gedenkboek raakgesien het en fondse geskenk het of bestellings vir boeke geplaas het, hartlik bedank. Dankie vir die ondersteuning en vertroue wat julle in ons gestel het in ons poging om aan elkeen wat ná julle kom, waardevolle en interessante geskiedenis van Gansbaai te voorsien.
Dit is werklik jammer dat nie meer van ons ou inwoners, wat op die een of ander wyse deel van die geskiedenis was, die geleentheid benut het om iets vir die nageslag na te laat nie.
Pieter Scholtz (Sameroeper); Kat Myburgh; Francois de Jongh; Ben Gericke; Glenda Kitley; Christo Wessels en Herman Fourie
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.