R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Vlnr is Steve Muller, Glen Blacker (of dalk Rick Daly van 7de Laan?) en Bev Swart tydens verlede week se Sloegterskompetisie
Bev Swart, Steve Muller en ander gholfers van Gansbaai Gholfklub het tydens verlede Woensdag se Sloegterskompetisie saam met ‘n “celebrity” van 7de Laan, Rick Daly (Darren Kelfkens) gholf gespeel. Indien dit nou 1 April was, kon hierdie verhaaltjie dalk gewerk het, maar nou is dit Septembermaand. Die koppe het behoorlik in die rigting van Glen Blacker, ‘n besoeker van Johannesburg, gedraai wat baie maklik vir Rick van 7de Laan aangesien sou kon word. Maar, ongelukkig vir die gholfers, was dit toe nie Rick wat gholf gespeel het nie, maar sy “dubbelganger”, Glen. Dié twee manne lyk verstommend baie na mekaar: gesig, hare en selfs die mond en glimlag. Glen het gelukkig ook nie Rick se huweliksprobleme met Emma le Roux (Bertha le Roux) en die inmenging van Marko Greyling (Francois Lensley) in die 7de Laan-reeks nie. Glen staan op troue met Amanda van der Merwe, die suster van Louis Ludik, heelagter/flank vir die Sharks, wat tans vir ‘n Franse rugbyklub speel. “Dit het darem vir my gevoel ek speel saam met ‘n celeb,” het Bev gesê.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.