Lente Hoededag

Lente Hoededag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Uit en uit kreatiewe skeppings vir hoede

“Wat sê die liedjie - ‘Dis heerlike lente, die winter is verby’, maar ons wintertjie is maar nog in die lug,” sê Marietjie Gerber van die NG Vrouediens van Pearly Beach. “Maar weer eens het die Vrouediens van die NG Kerk Pearly Beach vir ‘n warm en gesellige Lente-oggend op 10 September gesorg.” Die byeenkoms is in die Pearly Shells Gastehuis te Pearly Beach aangebied, en niemand is deur die wind en ligte reentjie afgeskrik nie.

Mooi, elegante en kreatiewe hoede

Dit was ‘n Lente-Hoededag en die dames het hul hoofde met die mees interessantste hoede getooi, vanaf elegant en mooi tot by uiters kreatiewe skeppings. “Almal was vrolik, het gelag en grappies gemaak en dit was sommer ‘n baie gesellige en ontspanne oggend,” sê Marietjie. Die gasspreker was pastoor Berryl Coetzer, “met ‘n boodskap wat vir ons almal iets beteken het, al was dit hoe klein of groot - daar was vir ons elkeen ‘n boodskap wat ons saam met ons op die pad vorentoe kan dra en aan kan dink.”

Die wen-hoed van Ellan Erasmus

Past Coetzer se tema was ‘God droom oor jou’. “Het julle geweet dat God sy droom in elkeen van ons geplaas het? Moenie bang wees om God se droom te volg nie en moenie jou eie droom volg nie. Soms verstaan ons nie God se droom nie, maar sy droom is uniek en dis vir jou en daar was soveel vrede en kalmte en liefde in sy Hart vir jou as vrou,” het sy onder andere gesê. Ellan Erasmus van Pearly Beach is as wenner met die mees oorspronklike en kreatiewe hoed aangewys. Marietjie sê Ellan se hoed het uit ‘n lampskerm bestaan, geplak met ‘n ou ‘primus’-stofie se gaatjie-stekers, met ‘n ‘doily’ wat getooi was met kleurvolle gehekelde blommetjies en lavender uit haar tuin. “Nou ja, die oggend het gesellig verloop, met al die dames wat dit terdeë geniet het en ek sê graag baie dankie aan almal wat bygedra het dat die oggend so mooi en gesellig verloop het,” sê Marietjie.

Hardus Botha


Die gasspreker, past Berryl Coetzer staan links voor met haar hoed

Lente Hoededag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.