R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Niks te kla nie, dankie! Altans, nie wat vis betref nie. Dis nou Vrydag en daar word redelik snoek gevang. Heel paar geelbekke is al ingebring en roman is daar volop. Boonop byt die hotties nog goed, alhoewel hulle nie meer so groot is nie en groot PW’s is ook nie ongewoon nie. Die silwervisse is nie klein nie -- maar ondermaat is volop. So tussenin is nog ander vis ook. En haaie, vir die wat dit soek. Waarvoor ‘n man wel mooi moet oppas is die weer. Dis nou weer iets wat die stokmanne nie baie sal bekommer nie en galjoen en steenbras word gevang.
Nou maar dan moet dit moes goed gaan. Seker nie só goed nie, maar dit help nogal om ‘n paar goedjies in gedagte te hou. Eerstens nie elke ou wat die dag besluit ek wil vandag gaan visvang en dan gaan lê hy sommer met sy boot “êrens in die see” gaan ‘n vis vang nie! Inteendeel! Dis ‘n storie om redelik seker te wees jy gaan suksesvol wees. Dis mos net wys om die hardebaarde te ken in die saak en by hulle te gaan kers opsteek. Versigtig, egter. Hierdie manne moet jy mooi benader -- en dit help om vriendelik te wees. ‘n Visserman is mos maar ‘n visserman en moet nie verwag dat hy van ‘n kant af gaan uitpak nie. Selfs die manne met die lang stokke (en verál hulle) is maar baie versigtig om hulle geliefkoosde plekkies aan jou uit te wys. Spesifiek die dag as die vis die dag dáár is.
Die vrae wat iemand in hierdie posisie homself moet afvra is waar?, wanneer? en hoe? Waar byt die vis? Seker die belangrikste faktor. En dan, waar? Nou moet jy nog in gedagte hou hoe? En met hoe word bedoel watter gereedskap en watter aas of ase. Dan moet jy ook nog vasstel watter tegniek aangewend word. Dit word baie duidelik dat hierdie aspek baie belangrik word die dag wannneer die ou langs jou die een vis na die ander uittrek en jy maar net kan toekyk So leer mens maar, hoewel almal die een of ander tyd sy beurt kry om toe te kyk en niks te vang nie, daarvan kan juis die ou met ondervinding getuig! So, vang hulle!
Groete Seemeeu
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.