R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Tertius du Plessis
'n Jong man van Hermanus is gearresteer nadat hy na bewering by 3 huise ingebreek en ook 'n motor gesteel het.
Tertius du Plessis (29) het na bewering Saterdagnag by 'n huis in Kleinbaai en later by Alcatraz, 'n woonstel in De Kelders, toegang deur oop vensters bekom en beursies en kredietkaarte gesteel. In albei gevalle was die inwoners tuis en het tydens die voorvalle niks verdag opgemerk nie.
Die volgende nag is daar by Christenesingel in Franskraal toegang deur 'n oop badkamervenster verkry en 'n skootrekenaar, selfone, juweliersware en 'n motorsleutel is gesteel. Die dief is daarna vort met die eienaar se Honda Civic. Die eienaar het van 'n geluid wakker geword en gesien sy seun se motor is weg. Die plaaslike polisie het omliggende stasies hiervan in kennis gestel.
Polisiebeamptes wat in Stanford op patrollie was, het dadelik laat weet dat hul minute vroeër 'n voertuig wat verdag voorgekom het, afgetrek het. Die voertuig was egter toe nog nie as gesteel aangemeld nie en die bestuurder is laat gaan. Die beamptes het dadelik weer na die verdagte gaan soek en die motor tien minute later in 'n swart woonbuurt opgespoor. Die verdagte is gearresteer en al die gesteelde goedere is in sy besit gevind. Du Plessis was uit op parool vir huisbrake in Hermanus en Korrektiewe Dienste het ook reeds na hom gesoek omdat hy sy blyplek sonder toestemming verlaat het.
Francois de Jongh
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.