100 Jaar vir NGK Stanford

100 Jaar vir NGK Stanford

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die NG-gemeente van Stanford vier vanjaar hulle 100ste bestaansjaar en as deel van hulle Eeufeesnaweek van 20-22 September 2013, is ‘n suksesvolle basaar, gesellige saamkuier van besoekers en gemeentelede, ‘n besoek aan die historiese begraafplaas, potjiekoskompetisie, orkeste en veel meer aangebied.

Die hoogtepunt van die naweek was weer eens die Sondag se Erediens in die kerkgebou wat op verruklike wyse met ‘n veldblomme- en fynbosuitstalling getooi is. Jaarliks is daar ‘n spesifieke tema wat rondom die kerkbanke volledig met blommeprag en bykomstighede uitgestal is, met nie minder nie as 26 “stoppunte”, elk met ‘n gepaste Bybelse uitbeelding.

Vanjaar se tema was: “Jesus Alleen!” - “Dit is my geliefde Seun; luister na Hom!” (Luk 9:35b).

Enkele voorbeelde van hierdie “stoppunte” was: Jesus alleen is my rots, my leidsman, my sorg, my hulp, my redder, en veel meer, asook om ‘n Ligdraer, ‘n Saaier, ‘n Barmhartige Samaritaan en ‘n Visser van mense vir Hom te wees, met ‘n afsluiting van Jesus alleen skep ‘n verlange na sy Huis (Ps 84:2-4) en hy alleen is die Alfa en Omega (Openb 22:13). Die onderskeie afdelings is deur verskillende individue en gemeentes uitgebeeld, met Carol Lötter en Melody Schweyer as die organiseerders. Met die rustige besigtiging van die onderskeie uitbeeldings, moes die besoeker hom/haar telkens “losskeur” om na die volgende uitbeelding aan te beweeg. Die Eerediens was baie spesiaal, met ds Neil Ollewagen van die gemeente se aanknopingspunt van “once upon a time…eendag, lank gelede…”, wat op die afgelope 100 jaar se “skryf van stories” heengewys het. “Maar vandag moet ons begin met die skryf van die volgende 100 jaar se storie wat op Jesus Alleen gebaseer moet wees,” het hy onder andere gesê, “en net soos wat God se Bybelse storie met ons in ‘n tuin begin het, so begin ons nuwe storie vir die toekoms vandag ook in ‘n tuin.”
Hardus Botha

100 Jaar vir NGK Stanford

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.