Borskankermaand Pretstap

Borskankermaand Pretstap

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Oktober maand is Borskanker maand, ‘n Reik Na Herstel bewusmaking Pretstap vir “Survivors” en enige belangstellendes word gereël.   Kom geniet die gesellige  stap , langs ons lieflike kuslyn , elke dag en oomblik is vir “survivors” belangrik en spesiaal.  Inligtings pamflette sal ook uitgegee word aan alle deelnemers, asook gelukkige pryse. Vir enige verdere inligting kan  u vir Annaleen Genade , kontak by 072 523650.

Datum: 17 Oktober 2013  Tyd: 08:00 vir 08:30

Waar: Ons gaan bymekaar kom  by die Parkeer area van Franskraal, al langs die wandelpad stap tot verby  Blousloep en dan terug. 

Koste: R10 per persoon, betaalbaar by die begin punt. Gelde gaan na  Reik na Herstel. INSKRYWINGS OGGEND VOOR PRETSTAP. Gelukkige prystrekkings na stap!

Die Reik na Herstel /Reach for Recovery is reeds in 1952 begin deur Terese Lasser in die VSA, in ‘n tydperk toe pasiënte aangeraai is om nie hul operasies met ander pasiënte te bespreek nie! Sy was gediagnoseer met borskanker en het ‘n mastektomie ondergaan.  Sy het besef daar word nie genoeg gedoen vir die vrou wie se lewe binne ‘n paar uur drasties verander nie.  Sy het geglo dat sy ander kan help om die trauma van borskanker-chirurgie en behandeling te oorkom. Sy was bewus van die sielkundige belangrikheid van persoonlike kontak wanneer vroue gehelp word om so gou moontlik na bors-chirurgie weer ‘n vol lewe te lei.

In 1967 het sy Suid-Afrika besoek, waarna Reik na Herstel in Suid-Afrika begin is.  Reik na Herstel is ‘n geregistreerde vrywillige organisasie wie se dienste Internasionaal en  landswyd gratis beskikbaar is aan enige man of vrou wat met borskanker gediagnoseer word.  Die Vrywilligers bestaan uit ‘n groep vroue wat self gediagnoseer is met borskanker, chirurgie ondergaan het, behandelings gehad het, herstel het en wat deeglike opleiding ontvang het om pasiënte in die hospitaal of tuis te besoek. 

‘n Vrywilliger kan as ‘n rolmodel optree, omdat sy of hy heeltemal normaal en gesond lyk vir iemand wat borskanker gehad het.  Die pasiënt kan dus vrymoedig met haar gesels, aangesien sy presies weet hoe dit voel en weet waardeur die pasiënt gaan.  Chirurge en hospitale werk baie goed saam en laat die naaste Reik na Herstel  Groep Vrywilligers weet wanneer pasiënte gediagnoseer en geopereer word, sodat hulle die pasiënt kan besoek en ondersteun.  Wes-Kaap het verskeie takke, oa Hermanus, Somerset Wes, Stellenbosch, Paarl, Tygerberg, Kaapse Skiereiland ens. Ons staan pasiënte by deur praktiese en emosionele hulp, die verskaffing van dreinsakkies, kussinkies en oefensponsie, inligting oor oefening en literatuur wat basiese inligting oor die tipes behandelings bevat.  Ons verskaf ook ‘n tydelike prostese en gesubsidieerde prostheses aan pasiënte wat nie aan ‘n mediese fonds behoort nie en dit nie kan bekostig nie.  Indien u belangstel in gesubsidieerde prostheses, is u welkom om ons te skakel soda tons voorraad by Wes-Kaap kan kry. Ons doelwit is dat elke persoon bewus moet wees dat hy of sy nie nodig het om alleen die pad te stap met borskanker nie en dat ons gratis beskikbaar is om hulle deur dit te help.

Organisasies soos Reik na Herstel is beslis ‘n lig aan die einde van die tonnel vir vroue en mans wat die stryd teen borskanker moet aanpak nie.

Advies aan alle vroue, doen elke maand ‘n self-borsondersoek, dit neem net 10 minute, maar kan jou lewe red. Indien jy ‘n  verandering opmerk, bv knoppie, swelling ens, gaan sien jou dokter of naaste kliniek so gou as moontlik.  ‘n Knop in die bors beteken nie noodwendig borskanker nie, want sommige knoppe is nie kwaadaardig nie. ‘n Mediese ondersoek van alle knoppe is noodsaaklik.

Vroeë diagnose kan jou lewe red en jou behandelings kan baie meer suksesvol wees.

Annaleen Genade

Borskankermaand Pretstap

Annaleen Genade

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.