R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

“Flower Power 4x4 wil graag namens die organiseerders van die geleentheid gebruik maak om donateurs vir hul bydraes en ondersteuning, asook alle werkers, van harte te bedank,” sê die organiseerder, sers Woensdregt Basson van Gansbaai SAPD. Sowat 50 bestuurders het 4 roetes in die Overstrand-area aangedurf en die gure weersomstandighede het die uitdagings van die dag nog moeiliker gemaak. “Ongeag die weersomstandighede is positiewe terugvoer ontvang,” het sers Basson gesê. Die Bestuur van Flower Valley Early Learning Centre het hul opregte waardering teenoor die organiseerders vir ‘n suksesvolle dag ten bate van die skool uitgespreek. Die organiseerders hou die volgende bedankings (alfabeties) voor: Anton Olivier (Toyota), Botha Claassen (Jeep), Dyer Island Cruises, Eric Atwood, Gansbaai Apteek, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Superspar, I&J, Ivanhoe Sea Safari's, Marine Dynamics, Midas, Pearly Gates, Pieter-Hugo le Roux, Roman Bay Seafarm, Sharkdiving Unlimited, Stofpad4x4, Supaquick Gansbaai en Caledon, Susan Brink en Whiteshark Projects.
“David Plane en sy groep skoolhoofde en onderwysers, dankie ook vir julle skenkings!” Dan rig hy ook ‘n groot dankie aan die eienaars van Flower Valley, Panorama, Murasie en Witblitz roetes, asook almal wat gewerk het gedurende die 4x4 dag, met ‘n spesiale dankie aan hulle gasheer vir die dag, Johny Rocket’s. Sers Basson sê die enorme bedrag van R11,000 is ingesamel en reeds aan Flower Valley Early Learning Centre oorbetaal. “Dankie vir die beste 4x4xverre!” sê hy.
Hardus Botha
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.