Omdat verskeie kiesers navraag gedoen het oor die verkiesing terwyl hulle in die Kruger Wildtuin sal wees op 7 Mei, is daar goeie nuus. U kan in die wildtuin stem. In die meeste van die kampe soos Skukuza, Pretoriuskop, Berg-en-Dal, Orpen, Satara, Olifantskamp en Punda Maria is daar stemburos. U kan daar navraag doen oor die ligging van die stemburos. Indien u dus in die Wes-Kaap geregistreer is, sal u daar kan stem, maar slegs op die nasionale stembrief.
Ek wil ook kiesers wat met vakansie vertrek en elders in die land sal wees versoek om op 7 Mei te gaan stem waar u vakansie hou. Indien dit in die Wes-Kaap is en u in die Wes-Kaap geregistreer is, sal u op albei stembriewe kan stem, dus vir die provinsie en op die nasionale stembrief. Indien u buite die Wes-Kaap vakansie gaan hou, sal u net op die nasionale stembrief kan stem.
Pieter Scholtz, (Raadslid, Wyk 2)
Exciting news!
GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing!
Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds.
Cost: R300 fo...
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More