All Posts

Montagu maak amok teen Black Leaves

Montagu maak amok teen Black Leaves

Wat die opskrif hierbo aanbetref  kan daar bladsye vol geskryf word, maar kom ons kry die hele besigheid 'n bietjie in perspektief.

Voor (vlnr): Christo van der Rheede: Hoofuitvoerende Beampte; Sheraz Raban: Onder-Voorsitter, AHI, Wes-Kaap; Fanie Bothma: Voorsitter, Gansbaai Sakekamer; Neels Claassen: Bestuurslid, Gansbaai Sakekamer en Piet Badenhorst: Voorsitter, AHI Wes-Kaap. Agter (vlnr): Orton King: Bestuurslid, AHI Wes-Kaap; en Minister Alan Winde: Minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling & Toerisme.

Sakekamer van die Jaar

Gansbaai Sakekamer is verlede week by die Afrikaanse Handels Instituut (AHI) Wes-Kaap Kongres 2014 aangewys as die sakekamer van die jaar.

Bankkaart gekloon

Bankkaart gekloon

'n Bejaarde dame het Maandagoggend om 10:00 haar pensioengeld verloor toe haar bankkaart by Nedbank gekloon is.

Francois Myburgh Area Bestuurder, Gansbaai Administrasie, Overstrand Munisipaliteit

Gelukwensing aan die Gansbaai Sakekamer

Baie geluk met jul aanwysing as Sakekamer van die Jaar tydens die onlangse kongres van die AHI.

Wettige perlemoen skep werk

Die kweek en groei van wettige perlemoen deur etlike perlemoenplase, onder andere in die onmiddelike omgewing, dra grootskaals by tot werksgeleenthede - nie net op die perlemoenplase nie, maar ook by etlike plaaslike besighede.

Survey van Bote

Survey van Bote

Die survey (ondersoek) van Sport- en Ontspanningsbote, asook kommersiële bote deur ‘n amptelike surveyor (ondersoekbeampte) het ‘n nuwe wending ingeslaan ná die aftrede van Koos de Kock.

Fabian se aanvaller skuldig

Fabian se aanvaller skuldig

Aldreque (Ellie) Pieters (21) wat daarvan aangekla was dat hy in November 2011 vir Fabian Dunsdon (16) met 'n mes doodgesteek het, is Donderdag skuldig bevind aan strafbare manslag en gevonnis.   Fabian is op daardie noodlottige ...

Wyle John le Roux van die plaas, Hartebeesfontein

In Memoriam John le Roux

Johannes Petrus Hendrikus (John) le Roux is op 25 Junie 2014 in die ouderdom van 86 jaar oorlede. John is op 28 Desember 1928 op die plaas Hartebeeskloof (naby Baardskeerdersbos) gebore.

Vlnr is Gideon Jansen van Vuuren, Linda Kloppers (wenner), Christo Wessels (voorsitter) en Chris van Rensburg tydens die oorhandiging van die Gansbaai OK Foods Wissel Trofee aan Linda.

Fotografieklub Kompetisies

Met die pasafgelope interne fotografiekompetisie van Gansbaai Fotografieklub agter die rug, is die kompetisie vir Novembermaand reeds in die vooruitsig gestel.

Liedjieboer gaan Kongo toe

Liedjieboer gaan Kongo toe

5 en 9 Julie word daar geskiedenis gemaak  wanneer Anton Goosen van Gansbaai en die Afrikaanse rockgroep Beeskraal, twee optredes in Afrikaans doen in Lubumbashi in die Katanga provinsie van die Demokratiese Kongo. 

Laslappies

Laslappies

Van tyd tot tyd bevlieg ek my werkkamer met die drif van ‘n swerm skrikgemaakte perdebye. Nou! Nou! gaan ek ‘n slag ontslae raak van al die toegeplakte plastieksakkies met oorskietlappies. So kan geen mens opgaar nie. Vir wat?

Hulp vir huiseienaars in geldelike verknorsing

Hulp vir huiseienaars in geldelike verknorsin...

Die krimpende ekonomie, gekoppel aan deurlopende stygings in lewenskoste soos die landswye styging in die prys van elektrisiteit wat vandag in werking tree (subs: 1 Julie 2014), roep weer die situasie in 2009 voor die gees toe honderde huiseienaars s...