Blokkiesraaisel No 10
Hier is die week se Blokkiesraaisel.
Hierdie siening was die eerste reaksie op die aankondiging rakende die opskorting van honderde visvangregte op 31 Desember 2013 deur die waarnemende Direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Seevisserye, mnr Desmond Stevens....
Die Uilenkraalsmond vakansiehuis, Plot 450, van André Wessels van Caledon is op Dinsdag, 7 Januarie geheel en al in ‘n brand vernietig en die volgende dag oorstroom.
“Ek was nog in die bed in die boonste vertrek toe dit teen ongeveer 6-uur voel asof ‘n missiel die vertrek tref en ek het instinktief die deken oor my kop geruk,” vertel ‘n geskokte Luan Combrink van Hoopstraat 16 in ...
SAPA (South African Press Association) het op 5 Januarie berig dat die man wat in ‘n vliegongeluk naby Swellendam gesterf het, as Joos Boonekamp (45) geïdentifiseer is.
08:00 Dinsdagoggend het mnr Wilson en van die personeel die amptelike uitslae in Caledon gaan haal. Mnr Lawreston, direkteur, was vol lof vir die Overberg skole wat ook aangewys is as die beste distrik in die Wes-Kaap. 47 637 leerders het in 201...
Met die Gansbaai Sakekamer se gholfdag op 28 Desember 2013, het René Beukes (organiseerder) weer eens gesorg vir ‘n wenner op die Sakekamer jaarprogram.
n Verdere stokvis-treiler is gedurende Augustusmaand by Dyer Eiland Visserye van Bertie Ramsauer se vloot gevoeg. Die South West Condor het behoorlik ‘n gedaanteverwisseling ondergaan om soos ‘n splinternuwe boot te lyk.
“2013 het aan sy einde gekom en dit is ‘n tyd wat ons met dankbare harte net kan dankie sê aan ons Hemelse Vader vir sy Groot Genade wat ons deur die jare gedra het,” sê Eva en Dirk Büchner van Huis Breda Vers...
Gansbaai Gateway Sentrum se naam is so stil-stil en kort voor die vakansie-seisoen na die Great White Junction verander en die gedagte het ontstaan hoeveel inwoners dit agtergekom het.